Die grysbaarde van die Vryheid Front Plus het heel beslis nie ‘n GPS nodig om in Barrydale uit te kom nie. Hulle was gister weer hier om seker te maak dat alles voor die verkiesing in orde is.

Soos lede van die DA, ANC en PA al in die verlede ’n koppie koffie by die News62 kantoor in Barrydale kom drink het, was dit Dinsdag ons beurt om die VF Plus manne welkom te heet.
Swellendam Munisipaliteit se Speaker en VF Plus-burgemeesterskandidaat, Toit Loubser, en die party se kandidate vir wyke 2 en 3, Christo Visser, weet dus nou waar van die beste koffie in die Overberg bedien word. Vir die beste koffiebone en diens aan koffiemasjiene, skakel gerus vir Jacques van Overberg Coffee Culture by 081 323 1715.
Die besoek was egter nie vooraf beplan nie. Ons sal dit aan toeval toeskryf en, in alle eerlikheid, is daar nie ’n debat oor die stand van sake in die munisipaliteit gevoer nie.
Dit was ’n informele koppie koffie, swart en sonder melk. Natuurlik het die bekende Barrydaler Rory Prinsloo, wat ook heel toevallig in die omgewing was voordat hy ’n VF Plus-T-hemp oor sy kop getrek het, ook probeer om sy sonkragbesigheid te bemark.
Dit was dit. Nie eens die talle e-posse wat News62 die afgelope maande aan Loubser se kantoor gerig het, is bespreek nie. Dit was eerder ’n geval van inloer. Visser het ook die versoek van die hand gewys dat die party op die Barrydale Hey-podcast bemark word.
In ’n dorp waar talle toevallighede plaasvind, moes die News62 span egter geweet het dat Dinsdag VF Plus-dag sou wees. ’n Bekende sakeman van Swellendam het my immers vroeër dieselfde dag laat weet dat Loubser meer as ’n paar van sy probleme opgelos het.
“Hy (Loubser) tree regtig op en maak nie net geraas soos ander poepholle nie,” het die boodskap gelui.
Die boodskap was van so ’n aard dat selfs ’n laerskoolkind sou kon aflei dat die DA in Swellendam heelwat stemme aan onder meer die VF Plus kan afstaan. En dit bring ons by die melk.
Daar is ’n ou uitdrukking wat lui dat dit geen sin het om oor gemorste melk te huil nie. Vir die VF Plus in Swellendam kan dié woorde dalk net betyds kom, want met die plaaslike verkiesing wat nader kruip, kan die party hom moontlik in ’n posisie bevind waar hy moet verduidelik waarom hy politieke grond verloor het wat hy so hard gewerk het om te wen.
Onder Juan van Schalkwyk, die Speaker wat bedank het nadat hy teen die DA se standpunt gestem het, het die VF Plus ’n stewige voetspoor in die kleiner wyke gevestig.
Die VF Plus het oor die laaste vier jaar DA Burgemeesters in Oudtshoorn, Swellendam en Theewaterskloof uit hul stoele verwyder. Kiesers behoort te vra of hulle aspris was en of daar goeie rede was?
Gemeenskapsveiligheid was op die agenda, inwoners se klagtes is opgevolg en baie inwoners het ’n positiewe gesindheid teenoor die party gehad, veral in Barrydale.
Dit was nie noodwendig ’n groot politieke masjien nie, maar dit was ’n teenwoordigheid op grondvlak. In plaaslike politiek is dit dikwels juis waar die verskil gemaak word.
Toe kom die interne konflik.
Die party se verteenwoordiger in Barrydale, Ruanda van Rooyen, het haar voormalige leier in die openbaar daarvan beskuldig dat hy sy stem aan die ANC verkoop het. Daar is ook talle persoonlike aantygings teen Van Schalkwyk gemaak, onder meer dat hy ’n sogenaamde “Bybelbasher” is.
Intussen is bewerings oor sy persoonlike lewe in die gemeenskap bespreek en herhaal. Toe Van Rooyen weer haar liefde vir die DA in die openbaar verklaar het, het sy en ’n bondgenoot so ver gegaan om in ’n kar te spring en Jeffreysbaai toe te ry in die hoop om verdere inligting teen Van Schalkwyk te bekom.
Maar goed. Van ‘n sterk verteenwoordigheid in Barrydale tot Visser wat uit Swellendam uit moet spook om hier stemme te werf.
Dit is die gevaar wanneer politieke verskille die persoonlike terrein betree. Die debat verskuif van prestasie, beginsels en dienslewering na karaktermoord, verdagmakery en samesweringsteorieë en na wie se weergawe die hardste weerklink.
Teen die tyd dat die stof gaan lê, is die skade aan ’n party se geloofwaardigheid of ondersteuning in ‘n klein dorp soms reeds gedoen.
Maar politiek het ’n manier om mense se oordeel op die proef te stel. Wat vandag as die finale uitspraak oor iemand aangebied word, kan môre heel anders lyk wanneer dokumente, getuienis en die uitslae van ondersoeke op die tafel beland. Daar kan dus nog verwikkelinge wees.
Van Schalkwyk se vertrek het nie die vrae oor Swellendam se munisipale bestuur laat verdwyn nie. Inteendeel, verdere ondersoeke na beweerde ongerymdhede is van stapel gestuur nadat hy vertrek het. Die burgemeester self het vir lank op sy WhatsApp profiel aangedui dat diegene wat skuldig is aan korrupsie, sal boet.
Na Van Schalkwyk se afskeid het die Valke by van die ondersoeke betrokke geraak. Hierdie fiet is op 11 Augustus tydens ’n gemeenskapsvergadering bekend gemaak.
Indien verdere optrede binnekort volg, kan dit ’n nuwe hoofstuk open in ’n verhaal wat tot dusver sterk deur politieke beskuldigings oorheers is.
Dit beteken nie Van Schalkwyk is reeds geregverdig nie. Dit beteken ook nie dat elke bewering wat teen hom gemaak is, noodwendig vals was nie. Dit beteken wel dat die gemeenskap ruimte moet laat vir feite om die finale oordeel te bepaal, eerder as om iemand op grond van politieke lojaliteite of persoonlike aantygings skuldig te verklaar.
Dieselfde bogsnuiters het hul bes probeer om News62 as ‘n ANC spreekbuis uit te beeld. Maar goed.
Hier lê die moontlike probleem vir die VF Plus.
Die VF Plus het onder Van Schalkwyk ’n politieke vastrapplek gehad wat nie oornag ontstaan het nie. Dit is opgebou deur sigbaarheid, betrokkenheid in die gemeenskap en die indruk dat inwoners se probleme gehoor word. Daardie soort vertroue neem lank om te bou, maar kan verbasend vinnig afgebreek word.
Met die verkiesing op hande is die vraag dus nie bloot of die VF Plus spyt is oor wat gebeur het nie. Die vraag is of die party besef wat hy verloor het en of daar genoeg tyd was is om die vertroue van inwoners terug te wen.
Soos lede van die DA, ANC en PA al in die verlede ’n koppie koffie by die News62-kantoor in Barrydale kom drink het, was dit Dinsdag ons beurt om die VF Plus-manne welkom te heet.
Swellendam Munisipaliteit se Speaker en VF Plus-burgemeesterskandidaat, Toit Loubser, en die party se kandidate vir wyke 2 en 3, Christo Visser, weet dus nou waar van die beste koffie in die Overberg bedien word. Vir die beste koffiebone en diens aan koffiemasjiene, skakel gerus vir Jacques van Overberg Coffee Culture by 081 323 1715.
Die besoek was egter nie vooraf beplan nie. Ons sal dit aan toeval toeskryf en, in alle eerlikheid, is daar nie ’n debat oor die stand van sake in die munisipaliteit gevoer nie.
Dit was ’n informele koppie koffie, swart en sonder melk. Natuurlik het die bekende Barrydaler Rory Prinsloo, wat ook heel toevallig in die omgewing was voordat hy ’n VF Plus-T-hemp oor sy kop getrek het, ook probeer om sy sonkragbesigheid te bemark.
Dit was dit. Nie eens die talle e-posse wat News62 die afgelope maande aan Loubser se kantoor gerig het, is bespreek nie. Dit was eerder ’n geval van inloer. Visser het ook die versoek van die hand gewys dat die party op die Barrydale Hey-podcast bemark word.
In ’n dorp waar talle toevallighede plaasvind, moes die News62-span egter geweet het dat Dinsdag VF Plus-dag sou wees. ’n Bekende sakeman van Swellendam het my immers vroeër dieselfde dag laat weet dat Loubser meer as ’n paar van sy probleme opgelos het.
“Hy (Loubser) tree regtig op en maak nie net geraas soos ander poepholle nie,” het die boodskap gelui.
Die boodskap was van so ’n aard dat selfs ’n laerskoolkind sou kon aflei dat die DA in Swellendam heelwat stemme aan onder meer die VF Plus kan afstaan. En dit bring ons by die melk.
Daar is ’n ou Afrikaanse uitdrukking wat lui dat dit geen sin het om oor gemorste melk te huil nie. Vir die VF Plus in Swellendam kan dié woorde dalk net betyds kom, want met die plaaslike verkiesing wat nader kruip, kan die party hom moontlik in ’n posisie bevind waar hy moet verduidelik waarom hy politieke grond verloor het wat hy so hard gewerk het om te wen.
Onder Juan van Schalkwyk, die Speaker wat bedank het nadat hy teen die DA se standpunt gestem het, het die VF Plus ’n stewige voetspoor in die kleiner wyke gevestig.
Gemeenskapsveiligheid was op die agenda, inwoners se klagtes is opgevolg en baie inwoners het ’n positiewe gesindheid teenoor die party gehad, veral in Barrydale.
Dit was nie noodwendig ’n groot politieke masjien nie, maar dit was ’n teenwoordigheid op grondvlak. In plaaslike politiek is dit dikwels juis waar die verskil gemaak word.
Toe kom die interne konflik.
Die party se verteenwoordiger, Ruanda van Rooyen, het haar voormalige leier in die openbaar daarvan beskuldig dat hy sy stem aan die ANC verkoop het. Daar is ook talle persoonlike aantygings teen Van Schalkwyk gemaak, onder meer dat hy ’n sogenaamde “Bybelbasher” is.
Intussen is bewerings oor sy persoonlike lewe in die gemeenskap bespreek en herhaal. Toe Van Rooyen weer haar liefde vir die DA in die openbaar verklaar het, het sy en ’n bondgenoot glo so ver gegaan om in ’n motor te spring en Jeffreysbaai toe te ry, na bewering in die hoop om verdere inligting teen Van Schalkwyk te bekom.
Dit is die gevaar wanneer politieke verskille die persoonlike terrein betree. Die debat verskuif van prestasie, beginsels en dienslewering na karaktermoord, verdagmakery en samesweringsteorieë, en na wie se weergawe die hardste weerklink.
Teen die tyd dat die stof gaan lê, is die skade aan ’n party se geloofwaardigheid soms reeds gedoen.
Maar politiek het ’n manier om mense se oordeel op die proef te stel. Wat vandag as die finale uitspraak oor iemand aangebied word, kan môre heel anders lyk wanneer dokumente, getuienis en die uitslae van ondersoeke op die tafel beland. Daar kan dus nog verwikkelinge wees.
Van Schalkwyk se vertrek het nie die vrae oor Swellendam se munisipale bestuur laat verdwyn nie. Inteendeel, verdere ondersoeke na beweerde ongerymdhede is van stapel gestuur nadat hy vertrek het.
Daar is ook gesê dat die Valke by die ondersoek betrokke is. Hierdie bewering is op 11 Augustus tydens ’n gemeenskapsvergadering gemaak. Die aard en omvang van die Valke se betrokkenheid behoort egter bevestig te word voordat dit as ’n vasstaande feit aangebied word.
Indien verdere optrede binnekort volg, kan dit ’n nuwe hoofstuk open in ’n verhaal wat tot dusver sterk deur politieke beskuldigings oorheers is.
Dit beteken nie Van Schalkwyk is reeds geregverdig nie. Dit beteken ook nie dat elke bewering wat teen hom gemaak is, noodwendig vals was nie. Dit beteken wel dat die gemeenskap ruimte moet laat vir feite om die finale oordeel te bepaal, eerder as om iemand op grond van politieke lojaliteite of persoonlike aantygings skuldig te verklaar.
En hier lê die moontlike probleem vir die VF Plus.
Die VF Plus het onder Van Schalkwyk ’n politieke vastrapplek gehad wat nie oornag ontstaan het nie. Dit is opgebou deur sigbaarheid, betrokkenheid en die indruk dat inwoners se probleme gehoor word. Daardie soort vertroue neem lank om te bou, maar kan verbasend vinnig afgebreek word.
Met die verkiesing op hande is die vraag dus nie bloot of die VF Plus spyt is oor wat gebeur het nie. Die vraag is of die party besef wat hy verloor het en of daar genoeg tyd oor is om die vertroue van inwoners terug te wen.
Want oor gemorste melk kan ’n meSoos lede van die DA, ANC en PA al in die verlede ’n koppie koffie by die News62-kantoor in Barrydale kom drink het, was dit Dinsdag ons beurt om die VF Plus-manne welkom te heet.




