Community News

Gemeenskap treur oor afsterwe van Sr. Maureen Hendricks

Written by Mickey Mentz

Barrydale – Die VGK-gemeente en inwoners van Wyk 2 is in rou na die afsterwe van Sr. Maureen Hendricks, ’n geliefde lid van die gemeenskap.

Die VGK Barrydale het hul medelye en innige simpatie aan die familie, vriende en kennisse van wyle Sr. Hendricks betuig.

“Ons bid vir baie sterkte en troos vir die familie in hierdie moeilike tyd. Ons vra ook vir voorbidding vir almal wat haar geken het en nou die verlies diep ervaar,” lui ‘n boodskap wat aangestuur is.

As bemoediging deel die gemeente die woorde uit Jeremia 30:11: “Ek is by jou, sê die Here.”

Die VGK Barrydale groet haar met liefde en dankbaarheid vir haar bydrae tot die geloofsgemeenskap.

Sr. Maureen Hendricks of antie Maureen was ook vir jare die kroegdame by die Hotel gewees, sy het vir talle van die vorige eienaars gewerk, onder meer Phillip Uys en Theo Nel. Sy het ook by Ronnie’s Sex Shop, vir Boetie Fullard en die familie gewerk ook en sy was alom bekend as ‘n omgee mens.

Mag Sr. Maureen Hendricks in vrede rus.

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella, Obi en Jasper.

Leave a Comment