Community Featured

Hok toe vir Hospice versorgers

Written by Mickey Mentz

Dit was vir meeste van die versorgers van Barrydale Hospice die eerste keer in baie jare wat hulle klas moes draf, maar bang was hierdie dames nog nooit nie.

Vandag is die dorp se top versorgers dit eens dat die kursus wat Dr Elsa Giliomee vir hulle aanbied ‘n uitstekende geleentheid is om die praktiese kennis wat hulle deur die jare opgedoen het, ook met die teorie aan te vul.

Barrydale Hospice personeel is tans besig met die tweede van hul vyf week Tuis Sorg Verfrisser kursus.

Dr Giliomee meen dat sy ‘n 100% slaagsyfer verwag en het ook erken dat baie van die praktiese ervaring wat Barrydale se versorgers al opgedoen het ook waarde aan die klasse wat sy, met vergunning van Breederivier Hospice aanbied, toevoeg.

Barrydale Hospice dien reeds die gemeenskap sedert 2015 en die waarde van hul paliatiewe sorg (sorg vir mense wat reeds op hul sterfbed is) kan nie onderskat word nie.

Hulle het al gesorg dat tientalle inwoners van die gemeenskap die laaste oomblikke van hul lewens op ‘n menswardige wyse, met respek, kan afsluit.

En nadese hierdie opleiding kan ons daarvan verseker wees dat die versorgers nog meer trots op hul nederige, dikwels baie stresvolle, roeping gaan wees.

Lees ook: Hospice versorgers ontvang COVD-19 inentings

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel soveel so dat ek dit deesdae ook verkoop. My honde se name Obi en Jasper.

Leave a Comment