Food Lifestyle News

Hotelpersoneel skitter tydens in-diens opleiding

Written by Mickey Mentz

Personeel van Barrydale se beroemde vierster-hotel het onlangs hul dienslewering na ’n volgende vlak geneem nadat hulle aan ’n intensiewe in-diens opleidingskursus deelgeneem het.

Die kursus is aangebied deur Cindy Wilson en is geakkrediteer deur die Construction Education and Training Authority (CETA).

Volgens Wilson het elke lid van die Karoo Art Hotel-span hul uitstekend van hul taak gekwyt en die vaardighede wat tydens die opleiding aangeleer is, sal beslis tot voordeel van die hotel en sy gaste strek.

“Die geesdrif waarmee die personeel hierdie kursus aangepak het spreek boekdele oor die liefde en passie wat elkeen vir die gasvryheidsbedryf het,” het Wilson gesê. “Ek glo en vertrou dat die harde werk wat ons ingesit het, vrugte sal dra.”

Hotel-eienaar Sue Melvill het gesê die kursus het ook as ’n waardevolle spanbougeleentheid gedien, met personeel van die kombuis tot die bedieningspan wat hul take sedertdien met nuwe gees aanpak.

“Ons wil Cindy bedank vir haar uitstekende werk,” het Melvill gesê. “Sy het ’n besondere manier om die beste uit elke lid van die Karoo Art Hotel-familie te kry en ons is oortuig dat hierdie opleiding uiteindelik tot voordeel van ons gaste sal wees.”

Onderwerpe wat tydens die kursus aangespreek is, het onder meer emosionele intelligensie, basiese huishoudkunde, chemiese opleiding en algemene werksprosedures ingesluit.

Wat veral uitgestaan het, was die bereidwilligheid en ywer waarmee personeel in elke afdeling gestreef het na verbetering.

Gaste wat die hotel binnekort vir die eerste keer besoek, kan dus uitsien na vyfster-diens, terwyl terugkerende besoekers gerus kan wees dat die gasvryheid wat hulle reeds ken, nou net nóg fyner afgerond is.

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel soveel so dat ek dit deesdae ook verkoop. My honde se name Obi en Jasper.

Leave a Comment