Food Lifestyle

KKNK word so in Barrydale gevier

Written by Mickey Mentz

Nee ons verwys nie hier na die musiekfees in Oudtshoorn wat weens die pandemie gekanseleer is nie.


In upper Barrydale, oftewel Smitsville, staan KKNK vir Khoi Kos en Kultuur en danksy leiers soos Khoi Peter Takelo en Khoi Lando Esau word daar ‘n daadwerklike poging aangewend om te sorg dat die jeug ook aan rituele wat in baie gebiede reeds verlore gegaan het, behoue bly.


“Dit is vir ons belangrik dat die jongmense weet waar hulle vandaan kom sodat hulle ook hierdie tradiesies ook eendag aan hulle kinders kan oordra,” meen Khoi Lando.

News62 het spesiale vergunning geniet om hierdie ervaring saam met die gemeenskap te deel en die simboliese belangrikheid was onmiddelik opvallend.

Advertensie


Daar is aan die jongspan verduidelik dat hoewel die lewe soms nie lekker is nie, daar dikwels ‘n rede daarvoor is. Om hierdie prakties te demonstreer is aalwynplante oopgebreek sodat hulle daaran kon proe.

“Dit smaak bitter, maar dit is baie goed vir jou en so leer mens ook in die lewe dat uit moeilike tye, word van die beste dinge moontlik,” verduidelik Khoi Peter.

Miena le Roux bedien haarlegendariese suurpap


‘n Bietjie heuning is daana aan die lippe gemeer en dit het die gal smaak gekanseleer waarna spesiale kruie gebrand om eer aan die Khoi voorvaders te toon.
Een van die hoogtepunte van die dag se verrigtinge het in die vorm van Mienia le Roux se tradisionele Magoue oftewel suurpap hom voorgedien.

Miena het ook haar askoeke tot perfeksie gaar gemaak en as jy nou al ooit ‘n meer gelukkige man sien as ‘n khoi leier wat pas ‘n warm askoek en vars skaaplewertjie (wat ook op die kole gebraai is) op sy stoep geniet het – neem vir ons ‘n foto.

Hierdie vieringe was ook deel van Khoi Lando se 50ste verjaardag en hy het later erken dat al wat hy werklik as geskenk soek, is vir sy volk om hul tradiesies te beskerm deur die jeug op te voed.

Khoi kosse wat ‘n man se mond laat water

Khoi Peter meen dat hierdie tradisionele kosse meer gereeld voorgesit moet word en dat mense van ander kulture dit ook moet ervaar.

Vir meer inligting kan hy by 082 714 5771 geskakel word.

Lees ook:

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella, Obi en Jasper.

Leave a Comment