Swellendam – Sosiale media het behoorlik gegons ná die aankondiging dat Wyk 6-raadslid van die Swellendam Munisipaliteit, Julian Matthysen, sy 12-jaar lidmaatskap van die African National Congress (ANC) beëindig het om eerder sy steun aan die Patriotic Alliance (PA) te gee.

Volgens Matthysen is die rede vir sy besluit eenvoudig: hy glo die PA die voertuig is wat werklik in belang van kwesbare mense optree en dat dit ook beter teen korrupsie in die munisipaliteit sal veg.
“Die ANC het baie mooi beleidsrigtings – van die beste in die wêreld – maar hulle pas dit nie toe nie,” het Matthysen aan News62 verduidelik.
“Ek wil steeds ‘n bydrae lewer aan my mense in nood. Ons bruin gemeenskap word, ten spyte van hulle tekortkominge, nie gehelp wanneer dit saak maak nie.”
Matthysen, wat reeds byna agt jaar as Raadslid in Swellendam dien, se besluit om van party te verander beteken dat daar binnekort ‘n tussenverkiesing in Wyk 6 sal plaasvind.
“My mense wat ly, kry swaar en gaan gebuk gaan onder armoede – dit is die mense wat na aan my hart lê.
“Ek wil steeds ’n bydrae lewer, maar by die ANC kon ek nie. Dit is hoekom ek aangeskuif het.”
Matthysen glo vas dat die Patriotic Alliance ’n meer doeltreffende sal wees om korrupsie en bedrog in die munisipaliteit hok te slaan.
ANC wens Matthysen voorspoed toe
Alhoewel die ANC nie noodwendig met sy besluit saamstem nie, het hulle geen wrok teenoor Matthysen nie.
“Ons is bewus van raadslid Matthysen se besluit en wens hom alle sterkte toe op die nuwe pad wat hy gekies het,” het Amanda Swart, hoofsweep van die Swellendam ANC, gesê.
Hy het bygevoeg dat hy steeds saam met sy voormalige kamerade sal veg wanneer dit in belang van die gemeenskap is, maar hy glo die PA sal sterker resultate lewer.
“PA is die voertuig in belang van ons vulnareble mense wat ten alle tye van die kortse ent trek.”
Hoof foto: Soos aangestuur deur vormalige Barrydale DA Voorsitter Charles Payne.