Van Crookes na Cooke: Sister Nickie Crookes en Nola Frazer van Barrydale Hospice het ‘n groot skenking aan Hannette Cooke, Johan Knox, Deon Van Tonder en Len Pretorius van die Barrydale Vuurslim Groep gemaak.
‘n Brand wat einde 2024 groot verwoesting op die Cooke plaas in Barrydale gesaai het, het ook een van die mooiste gebare tot gevolg gehad.
Kort na die groot veldbrand het Hannette Cooke en ‘n groep besorgde inwoners besef dat die plaaslike brandweerdiens net eenvoudig nie die mannekrag het om die omgewing te beskerm nie.
Met die hulp van Johan Olivier van Montagu Volunteer Fire and Rescue het sy gou die belangrike rolspelers in die dorp saamgetrek en die eerste stappe is geneem om ‘n soortgelyke organisasie in Barrydale op die been te bring.
Ons word so goed deur die gemeenskap ondersteun en daarom het ons besluit om ook met liefde te deel
Cooke sal egter getuig dat die span, onder leiding van plaaslike boer Deon Van Tonder, nog nie daartoe in staat is om as ‘n eenheid brande te blus nie, maar die hoop is dat die organisasie voor die einde van die jaar behoorlik op die been sal wees.
Intussen begin die gemeenskap saamstaan – wel, ten minste as dit by die veiligheid van die dorp kom…
Hospice het harte van goud
Vir ‘n organisasie wat feitlik geen hulp van die regering (plaaslik en die VSA ingesluit) ontvang nie, bly fondsinsameling ‘n kopseer.
Barrydale Hospice is van donasies afhanklik en dit was daarom ‘n riem onder die hart dat hulle op 19 Maart sowat R20 000 se brandbestrydings toerusting toerusting aan Van Tonder se Vuurslim Span kon skenk.
Volgens Sr Nickie Crookes, Mediese Bestuurder, het Barrydale Hospice destyds die toerusting aangeskaf omdat dit wetlik van organisasies wat oor in-pasiënt eenhede beskik, vereis word.
“Ons wou graag hierdie eenhede oprig sodat pasiënte vir die laaste ses maande van hul lewens 24uur per dag onder ons sorg kan wees, maar ongelukkig was van die vereistes van so aard dat ons dit nie kon bekostig nie,” het Crookes verduidelik.
“Daardie droom was nie moontlik nie en ons het toe besluit om eerder die wooneenhede op ons perseel as normale huurhuise te gebruik sodat Barrydale Hospice sy onkostes kan dek.
Crookes het na die brande by Carel Strydom (voormalige brandweerman) verneem dat van die toerusting wat nodig is om toegang tot brandkrane in die dorp te kry nie beskikbaar was nie.
“Ek onthou toe dat ons hierdie boks in ons stoorkamer het en dat daar splinternuwe toerusting daarin is wat ons nooit sou gebruik nie.”
Crookes het die moontlikheid van ‘n skenking met die direksie van Barrydale Hospice bespreek en almal was dit eens dat dit beslis tot voordeel van die gemeenskap sou strek.
“Ons word so goed deur die gemeenskap van Barrydale ondersteun en daarom het ons besluit om ook met liefde te deel.”
Sy het verduidelik dat hoewel nie elke inwoner in die dorp al deur Hospice geraak is nie en dat almal nie noodwendig al hulle hulp nodig gehad het nie, maar dat ‘n brand op een of ander punt almal se lewens raak.
“Of dit nou ‘n hut, ‘n huis of ‘n plaas is, ‘n vuur kan groot lyding en verlies vir mense veroorsaak en die regte toerusting kan beslis ‘n verskil maak.
“Hierdie was ‘n uitstekende geleentheid vir ons om die selfde mense wat Barrydale Hospice altyd ondersteun ook te ondersteun.”
From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella, Obi en Jasper.
We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By clicking “Accept All”, you consent to the use of ALL the cookies. However, you may visit "Cookie Settings" to provide a controlled consent.
This website uses cookies to improve your experience while you navigate through the website. Out of these, the cookies that are categorized as necessary are stored on your browser as they are essential for the working of basic functionalities of the website. We also use third-party cookies that help us analyze and understand how you use this website. These cookies will be stored in your browser only with your consent. You also have the option to opt-out of these cookies. But opting out of some of these cookies may affect your browsing experience.
Necessary cookies are absolutely essential for the website to function properly. These cookies ensure basic functionalities and security features of the website, anonymously.
Cookie
Duration
Description
cookielawinfo-checkbox-analytics
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics".
cookielawinfo-checkbox-functional
11 months
The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional".
cookielawinfo-checkbox-necessary
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary".
cookielawinfo-checkbox-others
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other.
cookielawinfo-checkbox-performance
11 months
This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance".
viewed_cookie_policy
11 months
The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data.
Functional cookies help to perform certain functionalities like sharing the content of the website on social media platforms, collect feedbacks, and other third-party features.
Performance cookies are used to understand and analyze the key performance indexes of the website which helps in delivering a better user experience for the visitors.
Analytical cookies are used to understand how visitors interact with the website. These cookies help provide information on metrics the number of visitors, bounce rate, traffic source, etc.
Advertisement cookies are used to provide visitors with relevant ads and marketing campaigns. These cookies track visitors across websites and collect information to provide customized ads.