Featured News

Bok en kie sorg vir behoorlike Bash

Written by Mickey Mentz

Kairi vier haar verjaardag saam met die sterre

Wanneer ‘n pa besluit hy sal alles in sy vermoë doen om sy dogter se droom waar te maak moet jy weet, hier kom ‘n ding.

So het Johan van den Berg die bul behoorlik by die horings gepak en sommer ‘n fees daarvan gemaak toe hy Bok van Blerk vir sy dogter Kiari se sewende verjaardag bespreek het.

Die Bok Bonnievale Bash het op Stormsvlei plaasgevind en buiten die optrede van een van die land se mees bekende sangers, is daar ook gesorg vir sport uit alle oorde.

Vir ‘n begin het die manne (jonk en ouer) aan ‘n touch rugby toernooi deelgeneem

Almal was hier bok vir sport en, tot groot verbasing van die skare, het die meer ervare GNUPK span dit tot in die finaal gemaak.

Die GNUPK span is uniek in die sin dat van sy spelers uit politici vanuit die DA en ANC bestaan en dat hulle buite die Raadsaal dit geniet om mekaar in gemeenskapsprojekte, soos Bright Haven, te ondersteun.

Die toernooi is uiteindelik deur die Genadendal Span gewen en hulle het met R5000 in die sak weggestap.

Van die rugbyveld tot in die ring

Voor Bok van Blerk moes daar eers geboks word en hier het die atlete van Swellendam Boxing Gym en Barrydale Fight Club mekaar behoorlik aangepak.

Daar was ook ‘n paar celebrity gevegte wat onder meer Swellendam Burgemeester Francois du Rand en Ruanda van Rooyen van Barrydale Buurtwag ingesluit het.

Wat wel treffend was, is die feit dat beide die Swellendam vegters en die Barrydalers uitstekende groei oor die laaste twee seisoene getoon het.

Van die ring tot ‘n aand van musiek, wyn en samesyntussen deeur die Terwyl daar groot afwagting vir Bok se optrede

So tussen deur die rugby en die vuisgevegte het die jongspan aan ‘n kunskompetisie deelgeneem. Dit was egter meer ‘n ontspannende oefening voor die groot konsert met Daniel Poe afgeskop het.

Poe het in die oudedoos gaan grawe en ‘n paar treffers opgedis waarna Glaskas die verhoog die gehoor met boeresurf bederf het.

Een van die groot oomblike van die aand was natuurlik die optrede van Gerhard Steyn wat net eenvoudig besluit het dat die skare so ‘n bietjie meer moes langarm.

Sy nuwe treffer Naweek My Nou, het geloop soos stroop.

Van den Berg het in besonder Beyerskloof as wynborg asook Platteland Motors vir hul bydrae tot die sukses van hierdie fees bedank.

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella, Obi en Jasper.

Leave a Comment