Dit is geen geheim dat kos peperduur op die winkelrakke geword het nie, en daarom is Janet Volschenk vuur en vlam oor die Food Sock-maaltye wat Barrydalers nou teen spotgoedkoop pryse by haar kan aankoop.

Haar doelwit met die produk is eenvoudig: hoe kan sy mense help wat minder het as sy?
“Daar is wel mense wat geld maak met die kos, en goed vir hulle, maar ek wil net mense help wat nie kos kan bekostig nie,” verduidelik die Barrydaler.
Om ’n huisgesin van vier met R50 te kan voed, is amper onmoontlik, maar danksy Food Sock is daar ’n uitweg in ’n ekonomie wat almal druk.
“Al wat jy nodig het, is ’n gasstofie of ’n oop vuur. Om die kos voor te berei is eenvoudig: kook vier koppies water, laat dit prut, roer dit en geniet.”
Janet verduidelik dat alles wat jy nodig het, reeds in die produk is.
Food Sock is ook handig vir “hikers en bikers” omdat dit nie baie plek opneem nie, en selfs kinders kan dit maklik voorberei.
Sy meen dat dit ook voedsaam is, aansienlik meer as brood en die basiese goed waarop seuns gewoonlik teer.
Hierdie produk word reeds deur Janet aan inwoners in Barrydale en omliggende gebiede voorsien, en sy lewer graag plaaslik af.
“Die stews doen baie goed, Mac ’n Cheese ook, en dan natuurlik die hoender-biryani, want dit is alles produkte in die reeks wat aanpasbaar is.”
Food Sock-produkte is vegetaries, maar alles is apart verpak, so indien jy nie van die sojaproteïen hou wat gebruik word nie, kan jy jou eie maalvleis of hoender byvoeg.
Janet koop die produk aan teen R47 per pak en verkoop dit teen R50.
Sy verduidelik dat dit ideaal is vir dagsorgsentrums en organisasies wat mense ondersteun.
Janet geniet natuurlik self ook die produk en kan dus getuig dat dit ’n sakpas oplossing is vir diegene wat nie baie tyd of lus het om voor die potte te staan nie.
“Ek het nagdiens gewerk toe ek dit ontdek het, en wanneer ek dan in die middel van die dag moes opstaan, was ek nie lus vir ’n groot kosmaakstorie nie.”
“Dit het vir my ’n opsie gegee vir ’n gesonde maaltyd, en dan was daar nog genoeg oor om later die aand weer by die werk te geniet of met my kollegas te deel.”
“Dit het ook ’n groot impak op my begroting gemaak. Die bestanddele vir ’n hoender-biryani, byvoorbeeld, is baie duur en dan moet mens ook ’n groot pot maak.”
Food Sock werk veral goed vir ouer mense en mans wat nie noodwendig kos kan maak nie. Organisasies soos die Hospice en soortgelykes kan hierby baat.
In plaas daarvan om net brood vir kinders te gee, kan hulle maklik etes voorberei – sonder probleme en aansienlik goedkoper as om brood en grondboontjiebotter te koop.
Alles is gedehidreer, en alles (speserye en bestanddele) is reeds in die sak. Maak dit net warm en geniet.
Vir meer besonderhede of om ’n bestelling te plaas, skakel Janet Volschenk by 084 589 2622.
Die News62-span het Food Sock op die proef gestel en ons kan getuig dat dit nie net waarde vir geld is nie, maar amper so lekker smaak soos ’n tradisionele gereg wat deur Boobas-kokke voorberei is.
Lees Ook:
