Dit is nie elke dag wat ‘n klong uit die Klein Karoo die geleentheid geniet om sy dorp en skool by die SA Skole Atletiek Kampieonskappe verteenwoordig nie – dit is presies wat Aushwin-Leigh Jantjies op 15 Maart in Seepunt gaan doen.
Die Graad-11 leerder van Hoërskool Barrydale het tydens die Boland Kampioenskappe die 800m in ‘n tyd van 1:58.02 voltooi en hierdie silwermedalje het gesorg dat hy nou op nasionale vlak naam kan maak.
Volgens die onderwysers van Hoërskool Barrydale is Aushwin-Leigh ‘n uitstekende voorbeeld van ‘n jong man wat hard werk om sy drome ‘n realiteit te maak.
“Ons weet sommer hy gaan goed presteer want hy oefen baie hard,” het Juffvrou Potgieter verduidelik.

Ondersteun Barrydale se Beste
Om in die groot stad aan ‘n byeenkoms van hierdie aard deel te neem is beslis nie goedkoop nie.
Hoërskool Barrydale het daarom ‘n beroep gedoen op die gemeenskap wat in ‘n posisie is om te kan help, om van die onkostes te help dra.
Jantjies benodig sowat R5000.00, wat onder meer die peperduur vervoerkoste dek, om hierdie droom ‘n realiteit te maak.
Diegene wat graag wil help om ‘n jong man te ondersteun kan van die volgende bankbesonderhede gebruik maak.
Hoërskool Barrydale
ABSA Tjek rekening
Rek nr: 2390750016
Verwysing: Aushwin Jantjies
