Community Featured

Jonas maak ‘n plan na groot terugslag

Andre Jonas
Written by Mickey Mentz

Barrydaler verloor sy been, maar nie sy wilskrag nie.

Andre Jonas het ten spyte van ‘n groot terugslag in sy lewe besluit om ‘n nuwe besigheid te begin en hy vervaardig deesdae potte wat binnekort op die winkelrakke beskikbaar gaan wees.

Die Barrydaler se lewe het drasties verander toe hy in 2024 weens suikersiekte sy regterbeen verloor het. Hy het vir ‘n amper ‘n jaar gewonder of dit nog die moeite werd is om te leef, maar toe maak hy ‘n belangrike besluit.

“Daar het baie negatiewe goed deur my kop gegaan,” verduidelik Andre.

“Maar aan die einde van die dag het die Here deur iemand gewerk en ek het tot die slotsom gekom dat ek iets gaan moet doen om besig te bly. Ek het toe begin om sement potte maak.”

Andre hou moed

Terwyl dit belangrik is vir die man wat voorheen ‘n sekuriteitswag by die hof was om ‘n inkomste te genereer, is dit net so belangrik dat hy besig bly.

Andre glo dat hy, met die hulp van die Here, nie net daarin sal slaag om ‘n geldjie te maak nie, maar dat hy ook eendag werk vir ander mense in die gemeenskap sal skep.

Hy doen tans al sy werk uit sy sitkamer uit en sien en kom klaar met dit wat hy in die hande kan kry.

Sy inspirasie is sy 11-jarige seun wat ‘n kranige skaakspeler is. Hy is baie trots op die jong man.

Diefstal kry hom nie onder nie

Wat Andre wel verbaas het is dat mense reeds van sy bousand gesteel het.

“Ek was net ‘n uur weg om pille by die kliniek te gaan haal toe steel mense my bousand.”

Andre het egter geweier dat dit hom onderkry.

“Ek sal nooit opgee nie. Ek het vir ‘n ou vriend van my gesê. Dit hou my nou besig en al moet ek wag tot volgende maak se pay om sement of sand te koop, dan is dit so.”

Hierdie Barrydale sakeman met ‘n plan benodig verf en vorms (moulds) om sy produk te verbeter en diegene wat daarin belangstel om hom te help kan hom direk by 072 211 9904 skakel.

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel soveel so dat ek dit deesdae ook verkoop. My honde se name Obi en Jasper.

Leave a Comment