Community Featured News

Leiwater opgradering: Hibbert se hande staan vir niks verkeerd nie

Written by Mickey Mentz

Sakeman sit skouer aan die wiel om ‘n verskil in die gemeenskap te maak.

Wanneer daar nie noodwendig geld in die munisipale begroting is om instanthouding en opgradering van infrastruktuur toe te pas nie, is dit beslis ‘n riem onder die hart as inwoners self inspring.

So het plaaslike bouer Rob Hibbert besluit om die leiwatersloot by sy huis, met die nodige toestemming, te herstel.

“Die water het net eenvoudig oorspoel hier in Laignstraat en daarom het ek en my vrou Tanya besluit om te doen wat ons kan,” vertel Hibbert.

Virt ‘n beter Barrydale

Hy uiteraard die materiaal en arbeid voorsien en so gesorg dat hy op sy manier ‘n bydrae tot ‘n beter Barrydale lewer.

Charles Payne, Voorsitter van die Barrydale Leiwater Gebruikers Vereniging, het Hibbert vir hierdie goeie gebaar bedank.

“Leiwater is nog iets wat uniek is aan Barrydale en wat in baie Kleiner dorpe nie meer bestaan nie, waarvoor ons as leiwater gebruikers baie dankbaar is,” aldus Payne.

“As sulks dra die beskikbaarheid hiervan verseker by tot die voorkoms van ons dorpie.”

Payne het verduidelik dat die Leiwater Vereniging met beperkte fondse en talle uitdagings sit om te sorg het die infrastruktuur, leislote en sluise in stand gehou word.

“Om dit egter te behou en te verbeter moet ons eenvoudig net ‘n verskil maak as gebruikers.”

“Dit is hier waar Rob Hibbert as een van ons ‘n verskil maak is sy benadering tot leiwater. Hy is reeds besig om op sy eie koste, na oorlegpleging met die leiwater vereniging en munisipailteit, die bestaande leisloot wat deur sy eiendom loop, en dan verder af in Laingstraat te vervang.”

“Hierdie meer doen en minder minder praat benadering maak beslis ‘n verskil in die kleine van die groter leiwater infrastruktuur en is ons as leiwater vereniging baie dankbaar hiervoor.

“Ons glo dat dit meer gebruikers van leiwater gaan aanspoor om self ‘n verskil te maak.”

Lees ook:

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella, Obi en Jasper.

Leave a Comment