Featured News Schools

Vat Vyf Stryders!

Written by Mickey Mentz

Eagles trap klei tydens slag van Witsand

Dit was ‘n geval van so naby, maar tog so ver vir die Barrydale Eagles wat op 15 Maart vir die vyfde agtereenvolgende keer nie daarin kon slaag om die Barrydale Stryders in ‘n derby te klop nie.

Die keer het Stryders heelagter Henrico Claassen in die doodsnikke van die kragmeting agter die doellyn gaan kuier om te sorg dat sy span met ‘n 25-22 oorwinning van die veld af stap.

Magpie

Die drie wat vir sy span ‘n bonuspunt in die sak gebring het, kan op ‘n manier vergelyk word met daaride drie wat Isreal Dagg destyds op Soccer City teen die Springbokke gedruk het – harte is gebreek en groot Eagles manne (en dames) kon hul oë nie glo nie.

Classen kon afrond nadat Stryders Kaptein Recarlo Herdien vinnig ingegooi het binne die Eagles gebied.

Wat afronding aanbetref gaan die Eagles weereens hulself skop omdat hulle, veral in die eerste helfte, sowat drie drieë op die veld gelos het.

Die Eagles het beslis nie ‘n tekort aan uitstekende spelers nie. Dit is egter weer duidelik dat daar ietwat van ‘n tekort aan BMT oftewel Big Match Temperament is.

Die Rooi Masjien was tydens die eerste 40 minute in beheer van sake. Hulle het slegs drie punte in die tyd afgestaan, maar moes met die geleenthede wat to hul beskikking was dalk met meer as 12 punte in die kleedkamer ingedraf het.

Die Stryders het na rustyd die krane opgedraai en binne 12 minute het hulle twee drië gedruk.

Erasmus speel ‘n barsbou

Een van die drieë is deur die vuurvreter flank Curtley Erasmus gedruk. Erasmus was deurlopend een van die gevaarlikste spelers op die veld en News62 sal met enige kenner saamstem dat hy sonder twyfel die speler van die wedstryd was.

Sy verdediging asook sy taktiese spel was uit die boonste rakke en wat fiksheid en krag aanbetref was die jong man in ‘n klas van sy eie.

“Dit was tight gewees, ons het soms baie moeg geraak en baie foute gemaak, maar ja ek is trots op my span en Stryders ek is lief vir julle,” het Erasmus na die wedstryd gesê.

Vir die grootste deel van die kragmeting het die rooi muur sterk gestaan en hulle het talle aanvalle deur die Trossies trotseer.

Hulle het uiteraard ‘n paar oorlopers, Kammies en Percy, in hul midde gehad, maar ten spyte van die sege is dit duidelik dat die Eagles wel ‘n beter span as die verlede jaar is.

Die Eagles sal ook wonder hoe duur die rooikaart wat hul spietkop-puntemasjien, Francois Michaels, tydens hul vorige wedstryd gekry het, regtig was…

Tot hul krediet het die Stryders pak, in vergelyking met vorige derbies, aansienlik beter in die skrums gevaar. Die Eagles het aanvanklik domineer, maar soos die lywe moeg begin raak het, kon die Stryders ook goeie voorvoetbal vanuit die platform kry.

Die Stryders het sowat 95% van hul eie lynstane gewen terwyl die Eagles ook beter in die faset van die spel gevaar het.

Skeidsregter in die spervuur

Reeds voor die wedstryd het van die Eagles ondersteuners beswaar aangeteken oordie skeidsregter wat aangewys is om die wedstryd te behartig.

Daar was beweer dat die man uit Bonnievale voor die wedstryd saam met die Stryders bestuur gekuier het en dat dit sy oordeel sou belemmer.

News62 kan berig dat die blaser nie verantwoordelik was vir enige duikslae wat die Eagles gemis het nie. Hy het hom goed van sy taak gekwyt.

Wat ook treffend van die derby was, is die feit dat die spelers na die wedstyd mekaar met groot respek hanteer het.

Want dit is mos nou so, of jou buurman nou ‘n Styder of ‘n Eagles is – julle bly Barrydalers en soos ons weer in die wedstryd kon sien is daar geen tekort aan brilliante rugbyspelers (en ondersteuners) in die dorp nie.–

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella, Obi en Jasper.

Leave a Comment