Community Lifestyle Schools

Eagles sweef hoog tydens glans afskeidsfunksie

Xavier Braaf as sportman van die jaar aangewys

Persverklaring:

Die Barrydale Flying Eagles RVK het ‘n skouspelagtige toekenningseremonie op 30 November aangebied, ter viering van die span se prestasies en individuele uitnemendheid.

Die aand was gevul met opwinding en vreugde, aangesien die span se talentvolle spelers en lojale ondersteuners vereer is.

Toekennings aangebied:

B-span toekennings:

– Beste Voorspeler: Zayline Pretoruis en Juwele Plaatjies
– Beste Agterspeler: Jeandre Jambo en Johanzo Pieterse
– Mees Lojaalste Speler: Geno Klaasen, Jeremy Hartnick, en Johnathan Van Rooi
– Meeste punte vir die 2024 seisoen: Johanzo Pieterse
– Meeste Driee vir die 2024 seisoen: Jeandre Jambo
– Opkomende Spelers: Geno Klaasen, Renaldo November en Zayline Pretoruis
– Driee van die seisoen: Kenan Marthinus

A-span toekennings:

– Beste Voorspeler: Xavier Braaf, Micheal Vaaltuin, Wesley Palmer, Ryno Arendse, Anrichio Davids, Clement Wiese,Donovan Du Toit, Herschelle Swart, Lucraine Jonas, Napoleon Deysel, en Darren Britz
– Beste Agterspeler: Jacolin Windvogel, Iben Ferguson, en Francois Micheals
– Mees Lojaalste Speler: Xavier Braaf, Iben Ferguson, Ryno Arendse, en Andre Middelpos
– Meeste punte vir die seisoen 2024: Chriswin Matjan
– Meeste Driee vir die seisoen 2024: Francois Micheals
– Deurbraak Spelers: Chriswin Matjan, Dian Pieterse, en Mark-Lee Meiring
– Driee van die seisoen: Francois Micheals
– Kaptein van die jaar: Darren Britz

Spesiale toekennings:

– Beste ondersteuner van 2024 rugbyseisoen: Al ons getroue ondersteuners!
– Spelers se Speler van die jaar: Clement Wiese
– Sportman van die jaar: Xavier Braaf

Boodskap van die President:

“Terwyl ons die einde van die 2024-rugbyseisoen vier, wil ek graag my dankbaarheid teenoor elkeen van julle uitspreek vir julle onwrikbare ondersteuning. Volgende jaar sal ons ‘n groot mylpaal vier – die 75ste herdenking van die Barrydale Flying Eagles RVK! Ek nooi julle almal uit om by ons aan te sluit in hierdie belangrike geleentheid.”

Eagles President, John Nortje

Erkennings:
Die bestuur wil graag ons opregte waardering uitspreek teenoor ons borge vir die 2024 rugbyseisoen:

– R62 Stop
– OK Grocer
– Karoo Art Hotel
– DHL
– John Dobson

Jul ondersteuning was vir ons van onskatbare waarde, en ons is dankbaar vir julle teenwoordigheid in ons gemeenskap.

Weereens dankie dat u deel is van die Barrydale Flying Eagles RVK familie!

Lees ook:

Barrydale Hand Weavers

Leave a Comment