Featured Music News

Swellendam bly TiNO se tuiste

Tino
Written by Mickey Mentz

Dit maak nie regtig saak op watter reis die lewe hom neem en waar hy homself bevind nie, Tino Singe se liefde vir Swellendam en sy mense sal nooit verander nie.

Tigris Wealth

Swellendam is uiteraard die dorp waar hy sy passie vir musiek ontdek het en dit was ook hier waar hy die inspirasie gekry het vir die klanke wat hy vandag met duisende mense op verhoë regoor die land deel.

“Dit is ’n vriendelike dorp, een van die mooiste dorpe in ons land, met die mooiste mense en die mooiste kultuur,” verduidelik die oud-leerder van Laerskool Swellendam.

Wat vir hom bo alles uitstaan, is die feit dat die dorp waar hy en sy gesin hulle in 2008 gevestig het, ten spyte van die groeiende bevolking oor die afgelope jare, steeds daardie tipiese plattelandse gevoel behou.

Die jong man, wat reeds tydens sy studies ’n bekende naam in die Afrikaanse musiekbedryf geword het, tree op 5 Julie saam met Gerhard Steyn op tydens die opening van die opgeknapte Legends 62.

“Swellendam is nou maar net my tuiste, so ek sien baie daarna uit om saam met Gerhard Steyn op te tree. Ons het al twee shows saam gedoen en die liedjies Asem Haal en Hart se Mure saam opgeneem,” vertel hy.

Tino het aan News62 bevestig dat een van sy grootste inspirasies in Swellendam natuurlik Dassie (Jan-Hendrik Saayman) is. Hy het ook beklemtoon dat hy altyd ’n konneksie met Swellendam sal hê. Dit is die plek waar hy as mens gegroei en ontwikkel het en dit maak hom baie trots om te sien hoe Dassie nuwe hoogtes met sy musiek bereik.

Daar is steeds kaartjies beskikbaar vir sy vertoning saam met Gerhard Steyn by Legends 62. Skakel egter vandag nog vir Nadia by 076 037 4326 om teleurstelling te voorkom.

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella, Obi en Jasper.

Leave a Comment