Featured News

Vrouedag by Fort Haven-saal gevier

Written by Mickey Mentz

Crooks lewe trakteer vroue tyfens vieringe

Die vroue van Barrydale het Vrouedag by die Fort Haven-saal geniet, waar hulle onder meer deur Hospice-suster Nickie Crookes toegespreek is.

Evo Main

Hierdie viering is deur raadslid Ikey Ferguson (Wyk 2) gereël en hy het daarop aangedring dat selfs verteenwoordigers van provinsiale vlak saam met die gemeenskap hierdie spesiale dag vier.

Nickie Crookes
Barrydale Hospice sister Nickie Crookes

Raadslid Gladys Libazi, raadslid Amanda Swart, Diane Mert (wetstoepassing), Rachel Windvogel (ANC se skaduminister vir Gesondheid), asook voormalige skoolhoof Mark Fillis, het hul deel bygedra om te sorg dat die dag seepglad verloop.

Die treffende boodskap deur Crookes het die dames net weer laat besef dat hulle nie langer kan stilbly oor die probleme wat hulle daagliks beleef nie.

“Geslagsgebaseerde geweld is ’n werklikheid, en vir baie van ons is dit persoonlik,” het Crookes verduidelik.

“Sommige van ons moeders, dogters, susters en vriende is bang om hul stemme te laat hoor. Te dikwels gebeur hierdie geweld agter geslote deure, en in ons gemeenskappe word ons aangesê om stil te bly.

“Dit is tyd vir ons om te sê: ‘Genoeg is genoeg!’”

Crookes het die vroue moed ingepraat om op te staan vir hul regte en het klem daarop gelê dat vroue mekaar veral moet ondersteun.

“Ons moet ons dogters leer dat mishandeling nie liefde is nie. Ons moet ’n generasie grootmaak wat weet liefde maak nie seer nie.”

Crookes het beklemtoon dat ware verandering aan die stand van sake by elke vrou begin en dat hulle die verantwoordelikheid het om as ’n eenheid saam te staan en op te tree wanneer dit nodig is.

Verrigtinge is met ’n bederf van koek en tee afgesluit, hoewel dit duidelik was dat die pitkos vir die siel reeds vooraf bedien is.

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella, Obi en Jasper.

Leave a Comment