In Railton staar die inwoners die uitdaging van rommelstrooiing in die gesig. Hierdie geliefde gemeenskap, waar die bevolkingsdigtheid in residensiële gebiede hoog is, en die aantal informele wonings, roep om hulp.
Swellendam se laerskole, naamlik Bontebok en VRT Pitt, het op 11 Augustus aan News62 bevestig dat gebiede waar daar baie rommel is ‘n gevaar vir leerders inhou en tot uitdagings soos gesondheidsrisko’s, wat beserings, bakteria en moontlike lok van slange wees rotte broei, lei. Ten spyte van hierdie bedreigings, neem die skole met uitmuntende toewyding stappe om hulle leerders veilig te hou teenoor die gevare van afval in die gemeenskap.
VRT Pitt primêr skoofhoof, Isaac Langeveldt, is baie bekommerd oor die skool se leerders.
“Hierdie areas waar die rommel gestoor word skep verskriklike risko’s vir ons leerders, net gister het ek kinders gesien wat tol gooi in die pad weens die gebrek aan ordentlike speelareas. Dit stel nie net die kinders se lewens in gevaar nie, maar hou ook die moontlikheid van skade aan voertuie in.” het hy gesê.
Danksy die toewyding van die skole se terreinpersoneel, word die skoolgronde veilig en netjies gehou. Francis Baatjies, skoolhoof van Bontebok Primêr, het beklemtoon dat die gemeenskap moet saamstaan om nie net die kinders nie, maar ook die Railton-gemeenskap self te beskerm.
Volgens Bontebok Primêr skoolhoof, Francis Baatjies, moet beide die gemeenskap asook ouers spesifiek verantwoordelikheid neem om nie rommel te strooi nie.
“Dit is nie net die skool se verantwoordlik nie, maar soms moet mens sook die ouers benader om hulle kinders na skool tye veilig te hou van hierdie afval gebiede” het sy gesê.

“Railton ontvang nie ‘n gereelde skoonmaakdiens van die munisipaliteit nie. VRT Pitt het, in samewerking met Oom Willy, die gebied op die hoek van Sonneblom- en Aandblomstraat, waar daar voorheen baie rommel was, omskep in ‘n pragtige tuin asook ‘n veilige looparea vir die kinders op pad skool toe,” het Langeveldt bygevoeg.
Alhoewel Swellendam Munisipaliteit nie onmiddelik terugvoering oor die situasie kon bied nie, word daar wel daaglikse skoonhouding van die omgewing gedoen.

Die Railton-gemeenskap het egter steeds beduidende uitdagings rakende afvalbestuur wat opgelos moet word.
Vandaar word inwoners gewaarsku dat dit ‘n oortreding van die Geïntegreerde Afvalbestuur Bywettigheid is om afval op hul sypaadjies te plaas buite die geskeduleerde afvalinsamelingdae (vir die Railton gebied is dit Donderdag en Woensdag) en lei na boetes vir die oortreders.

Vir meer inligting of om betrokke te raak by Swellendam se herwinnig, skakel:
- Marietha Windvogel: 076 669 2247
- Glas (alle soorte), (skoongemaakte) blikke, papier (koerantpapier, kantoorpapier, tydskrifte ens.), kartonne (insluitend melkbokse), plastiek (alle soorte), PVC-slang (swartboertipe); 1 Production Street
- Leon Meyer: 076 264 3098
- Skrootmetaal, blikkies, Elektriese en elektroniese afval, Papier (slegs wit papier); 3191 Productionstraat, Industriële Gebied
- Chris Bruce: 028 514 2483
- Elektroniese afval
- SWDTech; Winkel nr. 13
- Buirski Plein, Jansenstraat