Hoewel daar ‘n verstaanbare mate kommer in die lug was toe die personeel van Barrydale Hospice vir hul inentings teen die Covid-19 virus in Caledon gegaan het, kan almal daarvan getuig dat hulle in goeie gees is en steeds op hul poste staan om die gemeenskap te dien.
In lyn met die regering se vereistes dat alle mediese personeel die teen die koronavirus inentings moet ontvang, het Barrydale se span versorgers ook hul deel bygedra om die veiligheid van hul die mense wat hulle se getrou help, te verseker.
“Ons wil graag die Departement van Gesondheid bedank dat ons hierdie stresvolle saak in soveel gerief kon afhandel. Die hele proses was baie goed georganiseer,” het verpleër Tyrone Coetzee namens die personeel gesê.
Van die tuiste assistente wat die aan die Wes-Kaap se Sisonke-Entstof program deelgeneem het – die program se doelwit was om in ‘n tydperk van agt weke te sorg dat 40% van die provinsie se mediesewerkers die entstof ontvang – was daar ‘n paar newe effekte.
“Ek het na die tyd vir ‘n dag of so bietjie kopseer gehad en sleg gevoel, maar dit is nou alles in die verlede,” het Bettie September getuig.

Volgens Izelle September was dit ‘n stresvolle ervaring maar “dit was baie belangrik vir ons om dit te doen want ons moet altyd die veiligheid van die mense waarmee ons werk eerste stel”.
“Dit was beslis die moeite werd om Calendon toe te gaan en ons is net bly dat ons ook ons deel kan bydra,” vertel Marinda du Toit.
Elzette Swart is dit eens dat mediese personeel soms aan baie bloodgestel word en dit in die beste belang van pasiënte en hul eie gesinne is om die regte voorsorgmatreëls te tref.
Vir meer inligting oor Barrydale Hospice of om hierdie belangrike nie-winsgewende organisasie in die dorp te ondersteun, skakel die algemene bestuurder Anton van Vliet by 063 772 2506.




