Karoo Art Hotel
Featured Music

Cape Town Jazz Collective inspireer met musiek werkswinkel en optrede

Written by Mickey Mentz

Cape Town Jazz Collective inspireer met musiek werkswinkel en optrede 

Dit was vir aspirant musikante van Barrydale en Swellendam ‘n belewenis toe lede van The Cape Town Jazz Collective op 22 Mei  ‘n musiek werkswinkel by die Fortshaven saal in Smitsville aangebied het.

Net so was die optrede wat hierdie bekroonde musikante in die Karoolkie Saal later die aand op die planke gesit het ‘n absolute fees vir die musiekliefhebbers wat Barrydale se koue trotseer het.

“Ons almal het musiek in ons litte en dit maak my so bly dat die jongmense van ons gemeenskap die geleentheid gebied is om by van die bestes in die besigheid te leer,” vertel Khoi leier Peter Takelo van Net vir Pret.

Jonk en oud het by van die land se beste jazz musiekante geleer

Barrydale se Jazz Monkeys asook die Progress Christmas Choir Band het die dag se verrigtinge afgeskop waarna pianis George Werner, bass speler Eldred Schilder en drommer Ivan Bell saam met Jannie Hanepoot Van Tonder (tromboon) en Byron Abrahams (saxofoon) vir die jong musiekante ‘n paar lesse aangebied het.

Die dorp het behoorlik gedreun.

Tydens die vertoning later die aand was dit vir Barrydalers ook ‘n belewenis toe die sanger Anathi Mobo haar by die The Cape Jazz Collective aangesluit het.

Terugvoering van verskeie inwoners wat hierdie eerste vir jazz in Suid-Afrika aanskou het, was dit ‘n “asemrowende” optrede was.

Hierdie Afrika Dag musiek viering is deur die Departement van Kultuur en Sport moontlik gemaak en het as deel van die bekendstelling van die nuwe boek – The South African Jazz Collective – gedien

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella en Obi.

Leave a Comment