Barrydale Hand Weavers het die week bevestig dat hul lang verwagte groot trek na ‘n nuwe perseel binne die volgende maand in alle erns plaas sal vind.
Volgens die wewers se eienaar, Arran Bastable, is hy en sy span gereed om eersdaags hul gesogde handgeweefde produkte vanuit die vormalige Barrydale Cellar te maak.
“Alles is goed op skedule en ons sien daarna uit om op die groter perseel nog meer van ons produkte aan winkels regoor die land te voorsien.”
Bastable is ook opgewonde om nog weefstoele aan te skaf en sodoende sy deel doen om die werkloosheid probleem in die gemeenskap aan te spreek.
“Ons is dit aan ons gemeenskap verskuldig om, waar ons kan, mense die geleentheid te bied om deel van ons span te word.”
Dit is juis die uit-die-boks denkwyse van die Skotsman wat gesorg het dat die besigheid te midde van die Covid-19 pandemie steeds uitstekende groei getoon het.
“In Julie 2020 het ons altesaam 18 wernemers gehad. In Julie 2021 staan ons op 26 poste en intussen het verskeie groothandelaars wat in ons besigheid glo, by ons aangesluit.
Koop Barrydale Hand Weavers Produkte by:
Hand Weavers slaan nuwe koers in
Saam met hierdie verskuiwing van die besigheidsperseel is daar natuurlik ook kostes en om dit te dek het Bastable met ‘n blink plan vorendag gekom.
Instede daarvan om ten duurste by banke of ander instansies geld te gaan leen, het hy besluit om die besigheid se “followers” en kliënte op sosiale media met ‘n uitstekende konsep te nader.
“Ons het besluit om eerder die kontant wat ons nodig het deur geskenbewyse in te samel. Ons verkoop dus R500 geskenbewyse wat oor twee maande vir R800 se produkte verruil kan word.”
“So gee ons waarde aan ons ondersteuners en ons hoef nie ‘n klomp geld aan ‘n eksterne befondser te skenk nie.”
Vir meer inligting rakende hierdie uitstekende geleentheid om ‘n klein plattelandse sakeneming te ondersteun (en terselfde tyd vir vroulief of sus daardie pragtige serp te koop) besoek die wewers se webtuiste by www.barrydaleweavers.co.za.
Of Luister bietjie na Jackie Fortein wat onlangs met RSG gesels het
Klik hier —> JACKIE ONDERHOUD






