Featured News

Montagu Kruiefees hierdie naweek!

Montagu Herb Festivsl
Written by Mickey Mentz

Montagu dek weer die tafel vir die land se enigste Kruiefees van 23 tot 26 September.


Montagu Museum, wat dit aanbied, is bekend vir hul medisinale kruietuin en het die
afgelope veertig jaar die geskiedenis van medisinale kruie, boererate en Khoi en San se gebruike van kruie opgeteken en nagevors.

Qure

Hulle voorsien al vir jare tradisionele kruiemengsels uit hul tuin en die omringende klowe, aan plaaslike en oorsese gebruikers.

Montagu Museum bied ‘n fees aan om die opwindende erfenis te vier – Suid-Afrika se enigste kruiefees: ‘n Opwindende naweek wat jy nie moet misloop nie.

Praatjies, demonstrasies, uitstappies tussen die kruie in die veld, aktiwiteite en heerlike kos is als op die kruiespyskaart vir die feesnaweek. Kenners kom van oral om te praat en te beduie oor medisinale kruie en ons erfenis – van dagga, tot sampioene, van parfuum tot veldkruie in kos, bewaring en rotskuns.

En net om die fees se gees bietjie te laat posvat, hou ons Saterdag ‘n familiepiekniek en –konsert. Daar is regtig iets vir almal.

Program

Op Saterdag 24 September gaan die volgende sprekers in die Argief van die Ou Sendingkerk optree: Dave Pepler, Dr Heinz Mödler praat oor sy nuutste boek “En Daar was Dagga – Van Gister tot Vandag”, Dr Renée Rust oor Klein Karoo rotskuns, Dr Janette Deacon oor die rotskuns in Lover’s Walk, Liana Jansen oor die parfuum van fynbos, Corné Claassen van die Vrolijkheid Natuurreservaat oor maatreëls teen inheemse vetplantstropery, Andries du Toit oor Sceletium (Kougoed), Craig Fourie oor medisinale sampioene, en ekoloog Rupert Koopman oor essensiële olies en ekologiese bewaring.

Montagu Herbs

Dit is net nodig om een kaarjie van R100 by Quicket te koop om na hierdie groep sprekers te luister. Alles anders is verniet om by te woon! Van 12h00 Vrydag 23 September sal ‘n groot groep uitstallers hulle ware in die Ou Sendingkerk te koop aanbied: Earthwise Products, Cape Fynbos Teas, Naledi Books, Fijn Botanicals, Organic Gwen, Lavender & Rosemary, Montagu Bookshop, Aether Apothecary, Aloe Ferox en Grow Folk.

Op Saterdag 24 September sal daar elke uur op die uur kort, informele praatjies in die Ou Sendingkerk aangebied word: Robert Yule oor tradisionele genesing, Ras Baker oor “The Magic of Mushrooms”, Jean Jeffery oor medisinale kruie, Natie Ferreira oor cannabis, en Hessekwa Hoofman Takelo, Hoofvrou Kooper en senior stamlede oor Inheemse Khoisan kruiekennis.

Kruietees en -rome en Kruiefees geskenke en T-hemde sal in die Museum
Kruiewinkel te koop wees.

By Jouberthuis is daar elke uur op die uur ‘n rondleiding van hierdie historiese gebou deur President Paul Kruger en Generaal Piet Joubert en hulle gades Gezina en Hendrina. Daar sal ook op Saterdag en Sondag demonstrasies gehou word: Terry Sadie oor die voordele verbonde aan die kweek van jou eie supervoedsel, Kook met Kruie deur Dr Deoni van Rensburg, ‘n Cannabis werkswinkel deur Brenda Marx, en ‘n potpourri demonstrasie deur Heather Koutny.

Montagu Herb Festivsl


Die Jouberthuis Kwekery sal die hele naweek oop wees, en Sondag is daar ‘n Teetuin ten bate van fondse vir die instandhouding van die tuin en kwekery. Asook ‘n werkswinkel oor die maak van Pot Pourri.

Ander aktiwiteite

Ander aktiwiteite sluit die skoonmaak van die rotskuns in Lover’s Walk met Dr Janette Deacon en assistente in, asook die immer gewilde begeleide uitstappies na Donkerkloof.

Montagu se Natuurtuin speel op Saterdag en Sondag gasvrou vir ‘n “Inspired by Botanicals” kunsuitstalling deur die Montagu Art Association. Sondagoggend bied Karen Yoga ‘n jogasessie daar aan, en om 09h30 is daar ‘n begeleide staptog deur die tuin.

By De Bos Backpackers and Camping is daar van Saterdag 16h00 tot 20h00 ‘n familiekonsert en piekniek.

Kogman & Keisie bied Saterdag ‘n 4 uur lange “Fynbos Wreath Workshop” met Nicky
Mitchell aan; en Sondag ‘n begeleide staptog in die berg, aangevoer deur Dave Pepler. Montagu se restaurante, kunsgalerye en besighede is entoesiasties deel van die Kruiefees, so kyk uit vir die Herb Stop tekens wat die Randfeesaktiwiteite in die dorp aandui.

Tahlia Farm


Restaurante beplan allerhande lekker verrassings, van volledige inheemse kruie
geïnspireerde spyskaarte tot kruieroomys, soet en sout gebak, pizzas, kolwyntjies, wors en charcuterie, kombucha, en kruiedrankies, bier en hardehout. Flying Feet bied fietstoere en ‘n skattejag aan; of jy kan saam met hulle die Fresh gemeenskap besoek.

Daar is ook ‘n opwindende Kunskompetisie vir laer- en hoërskoolleerders.
Die volledige program, en aanwysings om kaartjies vir van die formele aktiwiteite op Quicket te bespreek is beskikbaar.


Maak seker jy bly op hoogte deur ons Facebookblad of stuur ‘n e-pos aan mherbfest@gmail.com as jy enige navrae het.

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella, Obi en Jasper.

Leave a Comment