Food Lifestyle News

Uitkyk Pop-up Eatery se Black Burger is Bobaas

Uitkyk
Written by Mickey Mentz

Restaurant by Calitzdorp Cellar wil naam maak

Met haar doelwit om ‘n groot naam in die klein karoo kosbedryf te word, het Cindy Swiegelaar van Uitkyk Pop-Up Eatery geweet sy moet ten minste een ding doen wat anders is.

En na sowat nege maande se beproewings het sy besluit dat haar eie artisan Black Burger nog ikoniese status sal bereik.

Die Stasie

Maar wat maak hierdie burger anders as die res?

“Hierdie is ‘n bun wat ek fisies self met my hande maak en hoewel ek van die activated charcoal se kleur gehou het, het ek besef dat iets missing is.”

Cindy het ondersoek ingestel en later ‘n spesiale coco vanuit Indië ingevoer – spesiaal vir hierdie bielie van ‘n burger.

Dit was egter nie die einde van die proeftydperk nie. Sy moes eers die balans tussen activated charcoal en die coco vind en toe sy daarin slaag, het sy egter besef dat ‘n normale hoender of vleis patty nie sal deug nie.

Cindy het uiteindelik besluit short-rib gaan die oplossing wees

“Ek slow roast die vleis vir tussen vier en vyf ure, waarna ek dit rook op Franse Eikehout wynvaat skaafsels. Só kry jy daai coco van die bun met daardie donker, gerookte geur.”

“Dit is my trots, en dit is waarvoor ek wil hê Uitkyk Popop Restaurant bekend moet staan.”

Die gevolg was ook dat hierdie groot short-rib burger die ander burgers op haar watertand spyskaart laat skaam kry het.

“Ek kon mos nie die res van ons burgers afskeep nie en daarom bedien ons net dubbel burgers.” 

Die Uitkyk Popup se crispy corn-fed chicken burger en die dubbel beef burger is ook groot treffers onder diegene wat ‘n ordentlike bord kos wil geniet.

Daarmee saam is die uitsig by Uitkyk ook asemrowend en natuurlik is die wyn eersteklas.

Vir die somer wat voorlê, weet Cindy dat haar heerlike reeks melkskommels wat sy ontwikkel het, ook die verbeelding gaan prikkel.

Qure
*Advert

Die een waarop sy die meeste trots is, is ‘n pampoen melkskommel.

Dit smaak glo soos pampoentert, baie dik en romerig met die nutmeg-allspice geur.

Cindy vertel dat hulle ook stoute melkskommels (wat alkohol bevat) maak en op Sondae sorg hulle dat selfs die hongerste mae met hul lam- en kookkosgeregte getem sal word.

Op Vrydae is dit Cocktail en Pizza-aand by Uitkyk Pop-up Eatery en hier is die opsies net so opwindend.

Cindy en haar span is veral trots op die kwaliteit van die diens wat hul lewer. Kom stel hulle gerus op die proef.

Vir besprekings, skakel +27 60 948 7728

Lees Ook:

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella en Obi.

Leave a Comment