Bekostigbare kaartjies vir feesgangers en ‘n belofte dat ‘n persentasie van die fees se wins aan die musikante uitbetaal word plaas Karoo62 se Go Local Fees wat van 23-25 Februarie plaasvind in ‘n klas van sy eie.
Kunstenaars van regoor die land word dikwels deur organiseerders oortuig dat die blootstelling wat hulle by ‘n sekere populêre byeenkomste sal geniet, hulle oor die langtermyn sal baat.

‘n Bloodstellingbroodjie smaak egter na wind. Dit maak ook nie die voertuig vol brandstof nie dit word ongelukkig ook nie as huurgeld aanvaar nie.
Selfs van die land se mees beroemde kunstenaars lewe in die realiteit dat ‘n uitstappie na ‘n fees meer geld uit die sak jaag as wat dit inbring en juis om hierdie redes het Go Local organiseerder Johann Olivier besluit genoeg is genoeg.
“Baie feeste wat aangebied word is so duur dat ‘n inwoner in die platteland ‘n derde of selfs helfte van sy/haar salaris moet spandeer om by die hekke in te kom. Dan is daar nog nie ‘n bier of ‘n stukkie vleis aangeskaf nie,” vertel Olivier.

“Ons woon in ontsettend mooi dorpe en omdat die areas mooi is kan ons wat hier bly dikwels nie dit bekostig om dit by te woon nie.”
Johann is net so vasberade om te sorg dat die trekpleisters van die fees, die kunstenaars, regverdig gekomenseer word vir hulle werk.
“Die meerderheid van die geld wat geginereer word by van hierdie feeste gaan na die mense wat dit gereël het en daardie groep mense maak geld en nie die kunstenaars nie.”
By Go Local gaan dit nie so werk nie. Olivier sê hy sal sorg dat die musiekante nie net ‘n regverdige (goeie) fooi vir hul optrede ontvang nie, maar ook ‘n groot persentasie van die netto wins sal ontvang.

“So weet elke persoon wat ‘n kaartjie koop dat die grootste gedeelte daarvan aan die kunstenaar wat hulle juis wil ondersteun, gaan.”
Nuwe Karoo Klanke
Volgens Olivier gaan daar ook klem gelê word op die ontginning van nuwe talent en sover moontlik sal die lineup uit Klein Karoo gebaseerde musikante bestaan.
Hy wil ook sorg dat die stalletjies wat by die fees gaan wees deur plaaslike besighede bedryf word.
“Ons moet doen wat ons kan om die geld wat hier spandeer word, hier te hou. Die dae wat iemand van ‘n groot stad met ‘n kos stalletjie hier kom geldmaak en die geld hier wegneem raak min.”



Die kersie op die koek vir feesgangers is dat Go Local by ‘n splinternuwe venue wat in die beeldskone natuur geleë is plaasvind.
Daar is uitstekende kampgeriewe, moderne chalets en talle ander buitelugaktiwiteite op die plaas om van te kies en keur.
Vir meer inligting besoek www.karoo62.com of volg Go Local op Facebook