Die Nashes, oftewel Nappy Ashes, is danksy ’n briljante vertoning deur Johan van den Berg uiteindelik in Swellendam.
Johan en Henning het op 19 September die Barrydale Baggy Greens met ’n enkele punt op die Montagu Gholfklub verslaan en só gesorg dat een van die mees gesogte trofeë in die Langeberg-gholfarena vir die eerste keer sedert die toernooi se ontstaan in Swellendam rus.

“Dit was ’n rustige dag gewees. Ek kon net terugsit en kyk hoe Johan sorg dat die punte bly inrol,” het Henning verduidelik.
Die telkaart het Henning se storie bevestig, en hoewel die Baggy Greens goed teruggeveg het met ’n paar praghoue deur Dries, wie se doekgholf deur Johnson & Johnson geborg is, was dit tevergeefs.
Johan, ’n kranige sakeman wat tans besig is om onder meer ’n hospitaal in Swellendam te bou, het die dag afgeskop met sy gebruiklike “mamparra”-dryf op die eerste putjie, maar daarna was dit asof Tiger Woods heeltyd in sy oor gefluister het.
Dalk was dit die frustrasies van die papiersloer rondom die Humanitas Hospitaal, of miskien die feit dat hy hierdie week weer moes keer dat ’n paar patete sy geliefde dorp aan die brand steek – maar een ding is seker: enige en alle woede wat hy in hom gehad het, het hy op sy drywer uitgehaal.
Een bom na die ander. Afstande wat ‘n sratch gholfer gelukkig so maak. News62 reken ‘n toets vir die gebruik van steroids was dalk nodig.
Johan het gespeel soos ’n enkelvoorgee-gholfer, en dit het die organiseerders van die Nashes laat besluit dat indien hierdie toernooi voortgaan, hy idmaatskap by ’n klub sal moet kry – ons kort ’n amptelike voorgee, ou maat.
Wat ook in sy guns getel het, is dat hy vir ‘n verandering gespaar was van oproepe deur politici wat oplossings soek vir probleme wat hulle self geskep het gemaak het. Net dit opsig self het sy spel met 23% verbeter.
Die as in in Swellendam, vir nou.




