News62 Korrespondent
Eden Loeries het afgelope naweek die Boland Kuipers met 50-40 punte by die Swellendam Rolbalkub geklop.

Hierdie jaarlikse instelling dien ook ‘n baie belangrike evaluering proses vir spelers voor die komende kompetisie tussen distrikte.
Beide spanne het uitstekende sportmanskap getoon en ‘n resultaat van hoë gehalte rolbal, toewyding vir die sport en span trots gebring.
Alhoewel die Kuipers die Mans algehele afdeling gewen het, het Loeries in die Vroue algehele en Gekombineerde Mans en Vroue algehele afdelings met oorwinnings weggestap.
Boland-president, Kobus Lubbe, het sy dank aan die spelers en gemeenskap by Swellendam Rolbalklub getoon vir hul vriendskapheid en die geleentheid om die toernooi vanjaar weer aan te bied.

“Ons bied die toernooi in Swellendam aan omdat dit ‘n sentrale punt vir al die spelers in die toernooi is. Dankie vir almal wat weer bewyas het dat rolbal in ons omgewing gesond is,” het hy gesë.
Lubbe het die toernooi gereël het en is hy ook die borg vir Swellendam Rolbal Klub se Classic-toernooi wat hierdie naweek, 19-20 September, plaasvind.
“Hierdie distrikstoernooi bestaan uit opkomende spanne. Boland se spelers kom byvoorbeeld van Witstand na Lutzville en tussen dorpe,” het hy bygevoeg.

Die toernooi was nie net ‘n kompetisie nie, maar dit dra ook by in die gemeenskap ter erkenning van ‘Children Cancer Awareness Month waarvoor daar fondse ingesamel is.
“‘n Versameling van R1500 is ingesamel, wat aan die CHOC (Childhood Cancer) Foundation geskenk sal word om kinders en gesinne wat deur kanker geraak word, te ondersteun,” het die Boland Rolbal Media en Bemarkingsbestuurder, Ezile Fourie-Swart gesê.
Vandaar is hierdie jaarlikse Loeries teen Kuipers rolbaltoernooi nie net n viering van rolbal nie, maar ook ‘n n uitgereik aan die opkoms van die gemeenskap en spanbou.
Vir meer inligting of om betrokke te raak by Swellendam Rolbal Klub, epos Kobus Lubbe by kobuslubbe00@gmail.com














