Hoërskool Swellendam se kultuurleerders het vanjaar weer met groot sukses deelgeneem aan die jaarlikse Ratem Eisteddfod. In verskeie afdelings, insluitend Skryfwerk, Kuns, Musiek, Koor en Dans, het die leerders besonderse prestasies behaal en hul talente met trots uitgestal.
Skryfkuns
Anzé Gouws: Goud (80%) – Afrikaanse Poësie
Lara Pretorius: 2 x Goud Plus (90%) – Engelse Poësie (medalje)
Robin Colyn: 1 x Goud, 1 x Goud Plus – Engelse Poësie; 1 x Goud – Engelse Opstel
Roneldeane Blauw: Goud (80%) – Afrikaanse Poësie
Jean Mouton: Goud Plus (90%) – Afrikaanse Poësie
Drama (Voordrag)
Anje van Wyk: Goud – Afrikaanse Gedig
Anzél Gouws: Goud – Monoloog
Sarah Flores: Goud – Engelse Gedig
Ruzanne Burger: Silwer – Monoloog
Dans
Ankia Spies: Medalje in solo-afdeling
Mila Gerber: Goud
Luna Gerber: Goud
Ruzanne Burger & Jani Theunissen: Silwer – Duet
Kuns
Renschke Pienaar: 2 x Dubbelgoud (98% en 100%) – Medalje vir beste in kategorie
Mila Gerber: 2 x Dubbelgoud (98% en 100%) – Medalje vir beste in kategorie
René du Preez: Dubbelgoud (98%)
Danel Claassen: Dubbelgoud
Lize Bester: Goud en Silwer
Carmi Olivier: Goud en Silwer
Robin Colyn: Silwer
Hoërskool Swellendam is trots op sy leerders se besonderse talent en harde werk wat weereens erkenning gekry het op ’n gesogte kultuurplatform. Hierdie uitslae getuig van toewyding, deursettingsvermoë en ’n passie vir die kunste.




