Featured News Sport

Spicy Plum neem deel aan Swellendam rugbykamp

Berig Deur Gabriel Francke

Spicy Plum, oftewel Steven Kitshoff, het op 16 Julie tydens ’n rugby-oefenkamp in Swellendam sy waardevolle insette met toekomstige Springbokke gedeel.

*Advertensie

Dit was ’n uitstekende geleentheid vir die spelers om ’n Springbokheld wat twee Wêreldbeker-titels op sy kerfstok het te ontmoet.

Die afrigters van Hoërskool Swellendam het die befaamde en geliefde Stormer met ope arms verwelkom vir die kamp wat van 16 tot 18 Julie plaasvind.

Meer as 40 spelers, asook afrigter mnr. R.J. van Rensburg, saam met Marius van Rensburg, Johan Huysamen en ander ondersteunende personeel, het saamgewerk om tegnieke en lynfunksies op ’n pretvolle maar gedissiplineerde manier aan te leer.

“Catch, pass, focus! That’s the name of the game,” het Kitshoff tydens een van die oefensessies gesê.

Om te sien hoe die leerders met oorgawe en energie interaksie toon met die bal en hul afrigters, het ’n mooi prentjie geskep. Hul passie het duidelik geblyk uit die sweetdruppels wat oor hul gesigte gerol het. Die sessies het gefokus op vang, aangee, en kommunikasie op die veld.

Hoërskool Swellendam se spelers het dit terdeë geniet en baie daaruit geleer. Hulle gaan beslis met nuwe motivering en vaardighede die res van die seisoen aandurf.

Wel gedaan aan Steven Kitshoff en die afrigters vir hul toewyding en samewerking om Swellendam se jong rugbyspelers te ontwikkel en te vorm vir moontlike uitmuntende rugbyloopbane.

“Baie dankie vir julle toegewydheid. Vandag was daar ’n paar goeie sessies, maar onthou, praat en lees mekaar op die veld,” het Kitshoff gesê.

Enige sport of skole nuus in Swellendam? Skakel Gabriel by 072 648 4356.

Berig en fotos deur Gabriel Francke

Barrydale Hand Weavers

Leave a Comment