Lifestyle News

Van Dwelms Tot ‘n Held: ‘n Suurbraak Sukses Storie

Written by Mickey Mentz

Hoof foto: Afrigters Nigel Katzen (onder 11 & 13), Brendon Theodore (Assistant by onder 13’s), Allan Vink (onder 15’s).

Berig deur Gabriel Francke

Nigel Katzen van Suurbraak se lewenslesse en besluite het daartoe gelei dat hy terugploeg in die jeug se lewens deur middel van sy sokkerprogram, wat sy gemeenskap versterk.

Katzen, ‘n voormalige tikverslaafde van 15 jaar, het op 23 Augustus in ‘n onderhoud met News62 bevestig, dat hy tydens sy jeugjare gekenmerk is deur harde lesse wat hom tot tronk en uiteindelik rehabilitasie gelei het.

Debbie Meyer (Noodhulp), met die onder 13 sokker span van Suurbraak (Xairu)

“Dit was in die rehabilitasie sentrum waar ek my hart vir Jesus gegee het en Hy my hele lewe kom verander het. Daarna het ek ‘n nuwe uitkyk op lewe gehad en het begin uitreik na jongmense,” het hy gesê.

Katzen se doelwit nou is om hierdie program, naamlik !Xairu Young Stars FC en die gemeenskap van Suurbraak, verder te bevorder en meer lede tot hierdie program wat die jeug aanmoedig en beskerm, te betrek.

Hierdie sokker program het in 2021 tydens Covid as ‘n inspirasie vir hul gemeenskap dat die jong mense van hul dorp kan bewaar en beskerm word, ontstaan. !Xairu Young Stars FC program skep nie net ‘n geleentheid om kinders van die straat te hou nie, maar Katzen mentor en lei ook die kinders om uit te reik na hulle drome en visies.

Hulle doen gereelde vriendskaplike wedstryde en bied ook plaaslike toernooie aan.

Op 23 Augustus, het hul ‘n sokkerwedstryd gehad waar die Xairu Reds, onder-13 seuns teen die Xairu Blues 5-0 gewen het. Die gehoorsaamheid van hulle spanwerk en om te sien hoe hulle algemene liefde vir hierdie sport is, was indrukwekkend.

Katzen het ná die wedstryd bygevoeg dat die jeug se denkwyse moet verander en dat hulle riglyne vir ‘n beter toekoms nodig het.

“Die doel is om kinders asook jeug te help en te guide sodat hulle nie op die verkeerde pad in die lewe beweeg soos ek in my jonk dae nie. Die program is daar om jong mense te motiveer om hul drome na te jaag en regte keuses in die lewe te maak,” meen Katzen.

Hierdie klein dorpie, die geboorteplek van die Progress RFC-rugbyspan, is welbekend vir sy gees en liefdadigheid teenoor die gemeenskap. Dit is juis hierdie gees wat die werk van mense soos Katzen dryf en die gemeenskap verenig agter ‘n gemeenskaplike doel: om die jeug te ondersteun en ‘n beter toekoms te skep deur sport.

Vir meer inligting of om betrokke te raak skakel Nigel Katzen (sokker afrigter) by 062 920 5596.

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel soveel so dat ek dit deesdae ook verkoop. My honde se name Obi en Jasper.

Leave a Comment