Community News

Swellendam se Helde: ’n Roepstem tot ’n Hoopvolle Toekoms vir Ons Jeug

Berig deur Gabriel Francke

Swellendam, ‘n welbekende dorp vir sy mooi uitsigte en vriendelike mense, strewe verder na ‘n heldige toekoms vir ons jong mense.

Dwelmmisbruik bly egter ‘n uitdaging binne ons gemeenskap. Ten spyte hiervan staan individue en organisasies met onwrikbare toewyding op om hierdie probleem daadwerklik aan te spreek en die impak daarvan te versag.

CAP personeel wat die jeug ondersteun en help in werksopleiding en lewensvaardige wat benodig word vir hul toekoms: Cornel Williams (YearBeyond Mentor); Wayne Marshall (Life Skills Facilitator) en Quanita Dlepu (CAPEquip coordinator).

Ondanks die uitdagings van min personeellede bly die ACVV (Afrikaanse Christelike Vroue Vereniging) ‘n baken van hoop, veral vir die jeug.

ACVV implementeer ‘n reeks gemeenskapsprogramme, insluitend ouerkonsultasies en die verskaffing van kospakkies. Vir jeug onder 18-jaar bied hulle vaardigheidsontwikkeling, ses maande rehabilitasiedienste vir middelmisbruik en verskeie ander ondersteuningsinisiatiewe.


“Nog ‘n groot uitdaging is dat ons kinders gebruik word om dwelms te vervoer…as gemeenskap moet ons saam hand vat, sodat ons die toekom van die jeug kan verseker,” het Stallone Govender ‘n sosiale werker van ACVV gesê.


Organisasies soos Vorster Maverick & Kaye (VM&K) en Community Action Partnership (CAP) toon ook gesamentlik merkwaardige toewyding aan gemeenskapsverbetering. Hulle benader die uitdagings met passie en ‘n indrukwekkende vermoë om na die welstand van die gemeenskap om te sien.


Volgens hierdie organisasies lê die jeug se probleem in die gebrek aan produktiewe aktiwiteite, asook die soeke na ‘n inkomste, wat dan na verkoop of gebruik van dwelms lei. Die hoë verslawingspotensiaal van dagga vereis buitengewone deursettingsvermoë, wat by baie jongmense ontbreek.

Hierdie realiteit lei dikwels tot in misdaad soos diefstal of geweld, het die algemene bestuurder, Johan Van Den Berg, van VM&K in Swellendam uitgelig.

“Om dit te verhoed moet daar geleenthede gekry word, deur werksgeleenthede te skep…half ‘n vader/moeder te wees in huise wat gebroke is,” het Van Den Berg gesê.

Van Den Berg glo ook aan die ‘n kragtige beginsel: “Voorkoming eerder as genesing.”

CAP bied ‘n omvattende reeks lewensvaardigheidsprogramme aan waaronder die bekende YearBeyond- en YouthAtWork-programme asook ‘n dagsorgprogram.

Hierdeur verseker CAP nie net ‘n belowende toekoms vir die jeug in ons gemeenskap nie, maar skep ook ‘n veilige en stimulerende opvoedkundige omgewing. Volgens CAP se waarneming, is dit nie dat daar geen geleenthede is nie, maar wel dat jeug dit moeilik vind met langterwyn besluitneming asook n baie laer wilskrag bemag.


“Dis moeilik om hierdie te verhoed, want die samelewing maak dwelmgebruik onder jeug deesdae ‘n norm,” het Lewensvaardigheid-program fasiliteerder, Wayne Marshall, verduidelik.


Hierdie organisasies werk hand-aan-hand saam met Swellendam SAPS om verkoopspunte te elimineer en ook om diegene wat dwelms in ons gemeenskap insmokkel en versprei, suksesvol vas te trek.


Dit laat ons egter met ‘n dieper vraag: Is die kern van die probleem jeugdiges se blote eksperimentering, of lê die ware oortreding by die dieper kwessie van dwelmgebruik én -verkoop onder ons jeug?

Vir meer inligting of om betrokke te raak skakel of besoek hulle webtuiste by die volgende:

Community Action Partnership (CAP Office)Skakel: 028 514 1025

Webtuiste: www.capnpc.co.za

Afrikaanse Christelike Vroue Vereniging (ACVV)Skakel: 028 514 1320

Webtuiste: www.acvv.org.za

Vorster Maverick & Kaye (VM&K) 

Skakel: 028 007 0133

Webtuiste: www.vmandk.co.za

Barrydale Hand Weavers

Leave a Comment