Community News

Sonkragrekenaars aan Net vir Pret geskenk

Deur Peter Takelo

Op 26 November toe ‘n vraghouer hier by Net vir Pret afgelewer was die kinders nie daarvan bewus van die rekenaars wat daar binne in was nie.

Die kinders jong- en oumense sal nou ‘n geleentheid kry om die 10 rekenaars wat met sonkrag aangedryf word te gebruik.

Dit gaan veral help wanneer die skoolkinders skooltake kry om te doen want daar is nie altyd genoeg rekenaars nie.

Die vraghouer waarin die rekenaars is. Foto: Peter Takelo

*Die skenking is deur die Universitiet van die Wes-Kaap se Students’ Health and Welfare Centres Organisation gemaak. Skakel vir Peter Takelo by 082 714 5771 vir meer inligting.

Barrydale Hand Weavers

Leave a Comment