Sonder elektrisiteit kan hulle nog klaarkom, maar ‘n lewe sonder sanitasie geriewe en lopende water is nie die lewe wat Allister Muller en Candice Witbooi van Suurbraak vir hul kinders (en hulself) insien nie.
Die paartjie en hul kinders moes reeds vir meer as agt maande sonder enige van hierdie basiese noodsaaklikhede klaarkom en dit blyk nie of daar lig aan die einde van die tonnel is nie.
“Ek moet ons twee jarige seun potty train maar hy word nou groot sonder ‘n toilet,” verduidelik Candice, ‘n inwoner in een van die 23 sink hoke wat op die buitewyke van die drop opgerig is.
Sowat 70 mense woon in die vergete gebied.

Candice (35) vertel die het munisipaliteit toe hulle ingetrek het belowe dat daar na hulle behoeftes omgesien sou word. ‘n Watertenk wat die mense bedien het is egter intussen verwyder en daar is volgens inwoners geen teken dat ‘n poging aangewend gaan word om toilette op te rig nie.
Sy raak depressief oor die saak: “Ons is moeg vir die leë beloftes van die manne in pakke. Hulle moet onthou, ‘n greekte belofte is ‘n sonde wat God raaksien.”
Haar buurvrou, Felicia Taute (24) en haar man Wilmore Jemaar sit ook in sak en as.
Hulle kleuter het onlangs ‘n slang gewaar toe hy in die bos sy besigheid gaan doen het en hy is nou te bang om selfs buite te pieppie.

“Ek is hartseer want ek kom nie my plig as ‘n pa na nie. Ek het nie so groot geword nie, nou moet my kind sonder hierdie basiese dinge grootword.”
Hierdie Suurbraak inwoners sien beslis nie uit na die winter nie. Hulle het hulp nodig en pleit dat enige persone wat kans sien om hulle te help om so gou moontlik dit te doen.




