Die kind is op 27 Oktober bewusteloos by ’n woning aangetref en is op die toneel dood verklaar.
Volgens polisiewoordvoerder Chris Spies is ’n geregtelike doodsondersoek aanvanklik geopen. ’n Nadoodse ondersoek het egter tekens van misdaad aan die lig gebring, waarna die klag na moord verander is.
Die verdagte is Vrydag, 20 November, in hegtenis geneem en bly in polisie-aanhouding terwyl die ondersoek voortduur.




