crime • Featured • News

Kleuter (15 Maande) Dood: Vrou Vas Op Moord- En Verkragtingsaanklagte

Swellendam
Written by Mickey Mentz

’n Vrou sal na verwagting Maandag (23 November) in die Swellendam-landdroshof verskyn nadat sy in hegtenis geneem is in verband met die dood van ’n 15 maande oue kleuter. Sy staan tereg op aanklagte van moord en verkragting.

Die kind is op 27 Oktober bewusteloos by ’n woning aangetref en is op die toneel dood verklaar.

Volgens polisiewoordvoerder Chris Spies is ’n geregtelike doodsondersoek aanvanklik geopen. ’n Nadoodse ondersoek het egter tekens van misdaad aan die lig gebring, waarna die klag na moord verander is.

Die verdagte is Vrydag, 20 November, in hegtenis geneem en bly in polisie-aanhouding terwyl die ondersoek voortduur.

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel soveel so dat ek dit deesdae ook verkoop. My honde se name Obi en Jasper.

Leave a Comment