Karoo Art Hotel
Lifestyle Music

Aanlyn doef-doef-medepligte keer terug na die Karoo Saloon

Written by Mickey Mentz

Wortel Kombat, oftewel Karel Bester, het ‘n effe verleë glimlag op sy gesig gehad met sy vorige verskyning by die Karoo Saloon.

Net na hy ‘n sielvolle David Kramer liedjie as deel van ‘n Light ‘n Shade set gespeel het, het hy dit laat glip dat ‘n danstreffer waarvan hy “50% geskryf het”, op daardie stadium die miljoen-trefslae mylpaal op Youtube behaal het.

Die komposisie ter sprake is Synth Peter  se “Doef Doef ft. Katinka, Loufi, What The Faf en Wortel Kombat.”. Kyk dit gerus. Op jou eie risiko.

Karel is hierdie Saterdagaand terug by die Saloon saam met Tyan Odendal, Roelf Diedericks, Dawid Bosman, Gerhard Geldenhuys en wunderkind Jeandré Swanepoel, waar hulle as die Kitaar Bazaar gaan optree.

Karel ken van kitaarspel en musiekmaak. Goeie musiek. Maar, Karel, ons moet sê dat ons nie vinnig van die bogenoemde doef-doef-“eksperiment” gaan vergeet nie. Sies, Karel. (Grappie – ons almal moet eet.)

“As ek ‘n liedjie moet skryf is ek is redelik goed as dit kom by struktuur, hoeveel bars ‘n song moet hê. Ons het regtig nie gedink dit sou so groot hit wees nie,” het Karel verduidelik

Daar sal hierdie keer egter nie op ‘n soortgelyke wyse ge-doef-doef word nie, het die Karoo Saloon se eie Krismisvader, Marius Slabber, duidelik bevestig.

“Nooit bra. Hierdie is ‘n rock show.” Enough said.

Die vermaaklikheid geskied natuurlik streng binne die perke van Covid-19-wetgewing soos dit op die oomblik daarna uitsien. Veranderinge is moontlik en tien teen een onafwendbaar. Maar musiek sal daar gemaak word. Kom wat wil.

So onthou jou masker en jou partytjieskoene, maar los eerder die doef-doef by die huis.

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella en Obi.

Leave a Comment