Karoo Art Hotel
Featured Sport

Aggressie kook oor by Barrydale Agri

Written by Mickey Mentz

Zani tree in om orde te herstel

Gemoedere het omstreeks 11:30 vanoggend hoog geloop by Barrydale Agrimark toe twee werknemers besluit het om mekaar te lyf te gaan. 

Die News62 nuusspan is onmiddelik ontbied en kan bevestig dat alhoewel niemand beseer is nie, daar wel ‘n paar bang hare op die toneel gevind is.

Die bang hare het aan ons amptelike fotograaf behoort.

Volgens getuies het Lynelle haar vererg nadat iemand sonder haar toestemming van haar melk in die staf-kantien geneem het. Sy was so woedend dat sy net daar en dan haar bokshandskoene aangetrek het.

“Ek het net eenvoudig genoeg gehad. My melk is my melk!” het Lynelle verduidelik.

“Jy ken daardie storie van die grap wat n grap is en dan is daar ‘n sambreel betokke?” het sy aan die News62 span haar frustrasie verduidelik.

Reg om te veg.

Lauren, wat heel onskuldig besig was om ‘n koppie koffie (met melk) te drink,  het heel toevallig ook haar bokshandskoene in haar handsak gehad en het binne ‘n japtrap ingetree.

“Hoe lui die Engelse gesegde? Don’t cry over spilt milk.. of so iets?” vertel sy.

Sy het verduidelik dat sy reeds maande gelede gesien het dat daar ‘n onderonsie aan die kom is en juis daarom het sy by Conroy se Panic Room Boksklub vir klasse gaan aanklop.

“Ek het net hierdie week by Conroy hulle aangesluit, so ek was reg vir aksie. Ek meen, bring it on!”

Gelukkig was die betroubare Zani in die omtrek en kon sy ‘n stokkie voor die geveg steek.

“Ag, soos ons kliënte hier op Barrydale weet,  sorteer ons probleme so gou en spoedig as moontlik uit. Ons is altyd daar om te help waar ons kan, wanneer ons kan,” het Zani vertel

Wag so ‘n bietjie. Zani skep orde by Agri

Conroy het etlike minute later van die onderonsie gehoor en Lynelle en Lauren is net daar en dan ingeskryf om aan die Barrydale Fight Night, wat op 12 Desember by die Rolbalklub plaasvind, deel te neem.

“Ons wil byvoorbaat vir die besighede wat reeds Fight Night ondersteun baie dankie sê. Fondse wat ons met hierdie pret-aand insamel sal aangewend word om Panic Room (en Barrydale) se boksers die geleentheid te gee om aan die provinsiale kampioenskappe deel te neem.”

Lees ook: Kyle Berry reg om appels te swaai

Vrywaring: Lynelle, Lauren, Zanie, Conroy en die News62 redaksie wil dit net aan elke leser baie duidelik maak dat hierdie ‘n promosie-artikel is. Sien julle 12 Desember. #fightnight #stiekyt 

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella en Obi.

Leave a Comment