Community Lifestyle Sport

Barrydale Panic Room Vegters wys hul staal in hokgeveg

Written by Mickey Mentz

Vier van Barrydale Panic Room se top vegters het aan die Cape Storm 4 Live Stream Fight Night in Melkbos Strand deelgeneem.

Ongelukkig het slegs twee van die vier manne se gevegte plaasgevind (ons vermoed Panic Room se reputasie van puik vegters op te lewer is die oorsaak) maar dit was nietemin ‘n uitstekende ervaring vir die plattelanders.

Die vegters wat wel die geleentheid geniet het om in ‘n staalhok geveg oftewel Cage Fight deel te neem was Heinrich “The Destroyer” Coetzee en Mickyle “The Reaper” Erasmus.

Heinrich het kragte gemeet met een van die meer ervare vegters en moes noodgedwonge in die eerste ronde die knie buig.

Hy lek tans sy wonde, maar sal beslis nie toelaat dat een terugslag sy toekomsplanne kelder nie.

Mickyle was op sy beurt vuur en vlam en het bewys dat lengte nie al is wat saak maak nie.

Hy het sy opponent in alle opsigte uitoorlê en in die tweede rondte is hy as wenner verklaar nadat hy die vegter wasgepen het en ‘n “ground and pound” uitgevoer het.

Volgends Panic Room afrigter Conroy Williams het die ontwikkelingsgevegte asook die uitstappie na Kaapstad as uitstekende bloodstelling vir die lede van sy klub gedien.

“Die manne het die druk rondom die opbou van die gevegte beleef. Hulle moes ingeweeg word en het ook al die ander prosedure wat met proffesionele gevegte gepaard gaan ervaar en geniet,” vertel Conroy.

Conroy Williams van Barrydale Panic Room. Foto: Herbert Dark

“Dit was ook ‘n uitstekende geleentheid vir die manne om dit wat hulle tydens ons oefensessies geleer het toe te pas. Die beloning om in die cage te kon veg was beslis al die bloed en sweet werd.”

Conroy het sy dank aan Tiger Kai van Mosselbaai uitgespreek aangesien dit weens die ondersteuning van Sensei Phillip Googer en sy span is wat Barrydale die nodige akkreditasie ontvang het om aan die ontwikkelingstoernooi deel te kon neem.

Intussen het Conroy bevestig dat hy binnekort ‘n IMMAF afrigtings kurses gaan voltooi en dat dit ook voordele vir sy klub in sal hou.

Hy sien ook daarna uit om meer van sy vegters aan hierdie tiepe ontwikkelings programme blood te stel en nooi alle inwoners van Barrydale (mans en vrouens) om by Panic Room aan te sluit.

Vir meer inligting skakel Conroy by 073 160 1338.

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella en Obi.

Leave a Comment