Lifestyle News Schools

Bistro Blues bankvas agter Barrydale 7’s

Bistro Sevens
Written by Mickey Mentz

Eagles en Stryders se bestes gereed om dorp trots te maak

Bistro Blues Pub & Grill het die hef in eie hand geneem deur op 5 Oktober aan te kondig dat hulle die hoofborg van die Barrydale WCAMP 7’s-span is.

Evo Main

Die WCAMP-span gaan aan verskeie toernooie in die distrik deelneem en wat hul teenstanders beslis slapelose nagte behoort te besorg, is die feit dat die groep saamgestel is uit van die beste spelers van Barrydale Stryders die Flying Eagles asook ’n paar manne van Progress Suurbraak.

Barrydale se trots

Volgens afrigter en spanbestuurder Lorenzo Alexander sien die spelers daarna uit om die dorp met trots te verteenwoordig.

“Manne, dit is nie meer net ’n groepding nie — dit is nou ’n gemeenskapsding. Ons wil almal bymekaar bring,” het Alexander gesê.

Hy het ook vir Renuan Bezuidenhout, kaptein van Bistro Blues, bedank vir die passie waarmee hy die span ondersteun.

“Dit is vir ons ’n groot voorreg om by die span betrokke te wees, en ek moet vir Lorenzo bedank vir die ‘magic’ wat hy hier reggekry het,” het Bezuidenhout bygevoeg.

Darren Britz en Iben Ferguson is as die kapteins van die span aangewys.

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella, Obi en Jasper.

Leave a Comment