Community Food Uncategorized

‘n Barrydale Beste – Roosterkoek

In hierdie weergawe van “News In 62 Seconds” het ons by plaaslike kok en sakevrou Lydia du Toit ingeloer.


Lydia maak op Vrydae, Saterdae en Sondae van die beste roosterkoek onder die son vanuit haar kombuis wat agter die kerkie op die R62 geleë is.


Met meer as 10-jaar ervaring voor die vure het sy die kuns om hierdie tradisionele gunsteling voor te sit, bemeester.


Dit raak egter dikwels druk besig by in haar kombuis so ons raai u aan om vooraf ‘n bestelling per WhatsApp by 083 374 8099 te plaas.

Het jy verlede week se uitsending van News in 62 Second misgeloop?

Volg die skakel en sien hoe dit lyk wanneer ‘n klomp dames die hondjies in Smitsville vir ‘n “dip” vat – Kaps Dog Dipping

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel soveel so dat ek dit deesdae ook verkoop. My honde se name Obi en Jasper.

Leave a Comment