Die 23-jarige Lionel Zembi is op 7 Januarie dood verklaar nadat ‘n verdagte hom na bewering met ‘n mes in die bors gesteek het.
Volgens Sersant Christopher Spies, SAPS woordvoerder vir die Suid-Kaap, het die voorval by ‘n winkel in Wilgerlaan plaasgevind.
“Barrydale Detectives are investigating the circumstances surrounding the death of a 23-year-old-man at a medical facility in Swellendam on Sunday, 07 January 2023 at about 04:00.
“Reports available indicate that police were summoned to a scene at Wilger Avenue, Barrydale. On arrival they found a man with a stab wound to the chest, believed to be inflicted with a knife, who collapsed inside a shop,” aldus Spies.
“The victim was taken to hospital for medical care and was later declared dead by medical personnel.”
“Meanwhile, police investigation led to the arrest of a 17-year-old-man. The suspect remains in police custody. He is expected to make his first court appearance in the local court on Tuesday, 09 January 2023 on a murder charge.”
Gemeenskap geskok deur voorval
“Ons het met skok kennis geneem van die afsterwe van ons oud leerder Lionel Zembi,” het Barrydale Hoërskool op hul Facebook blad gesê.
Die skool het Zembi as ‘n baie vriendelike en behulpsame mens beskryf.
Volgens Wyk 2 (Barrydale) Raadslid Ikey Ferguson was Zembi die tiepe seun wat nie “‘n vlieg sou seermaak nie”.
“Dit is baie tragies dat ons ‘n jong man so moes verloor,” het Ferguson gesê.
“Hy was ‘n goeie seun. Ek is geskok.”
Ferguson voel ook dat die toename in geweld in die gemeenskap, veral onder die jeug, ‘n groot bron van kommer is.
Hy het bevestig dat daar feitlik geen werksgeleenthede of ontspanningsgeriewe vir die jeug is nie.
Bejaarde met mes aangeval
Op 1 Januarie is ‘n bejaarde inwoner van Barrydale deur ‘n groep jong mans beroof.
Volgens haar het hulle haar helder oor dag met ‘n mes aangehou en haar beursie en ander besittings geneem.
Die vrou kon glo nie ‘n saak by Barrydale SAPS maak nie want sy kon nie onthou hoe die verdagtes gelyk het nie.
Sy het gevra dat haar identiteit beskerm word.
Magpie Ligte Gesteel
Die Magpie-liggies wat elke jaar talle toeriste na die dorp lok is op 7 Januarie gesteel.
Volgens Tielman de Villiers het die liggies twee jaar gelede nog tot einde Februarie gebrand voor dit gesteel is. In 2023 was die liggies tot einde Januarie nog sigbaar en nou skaars ‘n week in die nuwe jaar in, is dit weg.
*Let asseblief die oorsprongklike artikel het na die seun as ‘n 20 jarige verwys, dit was volgend inligting wat deur SAPS verskaf is.