Met die heropening van die skooljaar op 17 Januarie het Barrydale Polisie en Swellendam Munisipaliteit werklik harte gesteel deur na skole in die gemeenskap uit te reik.

Die beamptes het skoolskoene aan behoeftige leerders oorhandig. Hul het al die omliggende plaasskole besoek sowel as Hoërskool Barrydale.
Die polisie beamptes wat met die oorhanding betrokke was is Sersant K.E Jonas, Sersant L.E Bongo and Sersant L. Fentele.
Wyk 2 Raadslid Ikey Ferguson en Elias Klassen (munisipaliteit) was teenwoordig tydens die oorhandiging van skoolskoene aan Hoërskool Barrydale se hoof Mnr Jean Swanepoel.
“Baie dankie vir die borg. Van die kinders het dit baie nodig,”het Mnr Swanepoel gesê.
Johan Majola van die ANC Beheerraad het ook hierdie projek ondersteun.