As die dorp jou nie uitspoeg nie, sluk hy jou heel in en dit is daarom met groot opwinding dat Dr Cornelius Miles bevestig het dat sy praktyk se deure vir nog lank vir Barrydalers oop sal wees.
“Ek moes ‘n paar groot aanpassings maak, my planne hersien en mooi gaan dink of ek die regte persoon vir hierdie gemeenskap is,” vertel Dr Miles.

“Die ondersteuning wat ek reeds vanuit die gemeenskap ontvang het, deur ‘n paar donker dae, het my net laat besef dat Barrydale my plek is. Hier gaan ek bly.”

Dr Miles het bevestig dat hy die betaling struktuur van die praktyk gaan hersien sodat mediese dienste meer bekostigbaar vir die geemenskap word.
Hy het ook ‘n baie progressiewe stap geneem deur die ervare Adel Botha as sy regterhand op administratiewe vlak aan te stel.
Barrydale het so iets nodig en die dorp is gelukkig dat hier ‘n dokter is wat die belange van pasiente bo sy eie gewin stel.
Adel het meer as ses jaar ervaring in mediese administrasie en projekbestuur en het die week haar plek by die kantoor by Hospice in Van Riebeeck Straat ingeneem.
Sy sal voortaan die direkte skakel tussen Dr Miles en baie van die ander mediese dienste verskaffers in die dorp wees. Die langtermyn doelwit is dan ook om ‘n een-stop mediese sentrum in die dorp op te stel.
“Ek is ‘n mense mens, ek is dus baie lief om met mense te werk, en ek is baie opgewonde op die gemeenskap beter te leer ken. Ek is net so opgewonde oor die visie wat dokter het.
“Barrydale het so iets nodig en die dorp is gelukkig dat hier ‘n dokter is wat die belange van pasiente bo sy eie gewin stel.”





