Montagu Landbou Vereniging (MLV) het die maatskapye wat bydrae tot die opgradering van die rugsteunende krag by die sewe hoof LPR kamera punte rondom Montagu gemaak het, bedank.
Die LPR stelsel dra by tot die algehele veiligheid van die dorp- en plaasgemeenskap. Die LPR kameras registreer en skandeer voertuig nommerplate en lewer automatiese kennisgewings aan wetstoepassers wanneer enige gesoekte of verdagte voertuie die gebied binne tree.
Danksy hierdie toestelle kan daar voorkomend opgetree word.
Die besighede wat hierdie opgdradering geborg het is:




Die opgradering verseker dat die stelsel aanlyn gedurende beurtkrag onderbrekings bly.
Daar is tans ‘n totaal van sewe LPR kamera punte in en om Montagu vir die monitering van kriminele aktiwiteite. MLV meen dat die opgradering nie sonder die borge en diensverskaffers moontlik sou gewees het nie.
Montagu Landbou Vereniging bedank vir BRS vir hul deurlopende steun en monitering van hierdie stelsel.
