crime Featured News

Barrydale SAPS Bevorder Beamptes

Written by Mickey Mentz

Speurtak as beste in Overberg aangewys

Barrydale SAPS het op 19 Desember met trots aangekondig dat die stasie se speurtak as die beste in die Overberg-distrik aangewys is.

Die stasie is ook onlangs erken as die beste Kriminele Ondersoekdepartement (CID) in die distrik, ’n prestasie wat volgens stasiekommissaris kapt. J Carolus aan die toewyding en harde werk van sy lede toegeskryf kan word.

“Vir my is dit ’n eer dat my speurders as die beste in die Overberg-distrik aangewys is. Hierdie prestasie is die resultaat van harde werk en volgehoue toewyding. Hulle sal beslis verder groei in hul werk,” het kapt. Carolus gesê.

Barrydale Speurtak: Beste in die Overberg Distrik

Bevorderings vir toegewyde lede

Altesaam ses lede van Barrydale SAPS is op 19 Desember bevorder.

AO X.M. Pretorius, AO C.C. Williams, AO L.E. Bongi, AO W.S. Weber, sers. G.C. Klaasen en sers. M.A. Tenteni beklee nou nuwe range.

AO X.M. Pretorius, AO C.C. Williams, AO L.E. Bongi, AO W.S. Weber, sers. G.C. Klaasen en sers. M.A. Tenteni beklee nou nuwe range.

Kapt. Carolus het die bevorderde lede gelukgewens en sy waardering uitgespreek vir die erkenning wat hulle ontvang het.

“Vir my as stasiekommissaris is dit verblydend om te sien hoe my lede in die polisie groei. Ek wens hulle sterkte toe in hul nuwe rolle en met hul nuwe range, en vertrou dat hulle Barrydale met trots sal bly dien,” het hy gesê.

Hy het ook daarop gewys dat baie van die bevorderde lede in die skofte-afdeling werk.

“Hulle ontwikkel daagliks in hul werk, en ek wens hulle toe dat hulle verder sal groei, nie net in hul beroep nie, maar ook in hul passie vir dienslewering,” het kapt. Carolus bygevoeg.

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel soveel so dat ek dit deesdae ook verkoop. My honde se name Obi en Jasper.

Leave a Comment