Community News

Nominasies vir Barrydale Wykskomiteelede verleng tot 21 Februarie

Ruth62 Barrydale
Written by Mickey Mentz

Swellendam Munisipaliteit het tydens die gisteraand (15 Februarie) se Geïntegreerde Ontwikkelings Plan (GOP) vergadering uitstel gegee tot Maandag vir nominasies van persone wat op die Wykskomitee wil dien.

Die vergadering het by die Fortshaven Saal in Smitsville plaasgevind het

Inwoners van Barrydale wat geregistreede kiesers is en nie vir meer as 12-maande tronkstraf moes uitdien nie kan nog tot hierdie komitee verkies word.

Zoid

Waarom deelneem?

Die doel van ‘n Wykskomitee is om ‘n noodsaaklike skakel tussen Wyksraadslede (waarvan Barrydale drie het) die gemeenskap en die munisipaliteit te verskaf.

Hierdie komitee sorg ook dat lede van die gemeenskap deel kan neem aan beplanning, monitering en begroting gesprekke om sodoende hul behoeftes aan te spreek.Eeen van die hoog doele van ‘n wykskomitee is om kommunikasie tussen die munisipaliteit en die gemeenskap te verbeter.

Nominasies isn onbeperk en daar sal uiteindelik 10 persone tot hierdie komitee verkies word.

Vir meer inligting skakel die kantoor van die Speaker by 028 514 8500.

Ozzy
Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel soveel so dat ek dit deesdae ook verkoop. My honde se name Obi en Jasper.

Leave a Comment