Die wittebrood is amptelik verby en die realiteit van die saak is dat hoewel die 87 huise wat in Smitsville, Barrydale gebou is ‘n wesenlike verskil in die lewens van talle inwoners gemaak het, dit die dorp se infrastuktuur uitgeput het – soveel so dat inwoners nou kla oor riool wat in die strate af vloei.
Enige verdere ontwikkeling in Barrydale kan dus nie voort voor die opgradering van die rioolplaas voltooi is nie.

Hierdie was een van die teerpunte wat tydens Barrydale (Wyk2) se Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) vergadering wat op 15 Februarie plaasgevind het, navore gekom het.
Die verkiesing van Barrydale se wykskomiitee vind vanaand om 19:00 by die Fortshaven Saal in Smitsville plaas.
“As ek by my voordeur uitstap moet ek mooi trap. Die reuk is soms ondraagbaar, hier is ‘n groot probleem,” het plaaslike onderwyser Renaldo Claassen gesê.
Hy het ook sy ontevredenheid oor die stand van die dorp se sport gronde, paaie en begrafplaas uitgespreek en hy glo vas dat daar meer gedoen kan word om klein sakeondernemings te ondersteun.
“Niemand gee om nie. Hierdie is ‘n refleksie van wat die munisipalitieit vir Barrydale voel en dit sal drasties moet verander.”
“Dieselfde reels geld nie vir almal nie. Uitlanders kan sonder enige probleme winkels oopmaak terwyl ons moet sukkel.”
“My vraag is, wat doen die munisipaliteit om die mense te help?”
Onder burgemeester en Barrydale wyksraadslid Michael Pokwas het reageer deur te sê dat die gemeenskap meer aktief betrokke moet begin raak. Hy meen die raad doen die beste wat hul kan met beperkte fondse.
Fotograaf Graham Abbott het by Claassen aangesluit deur te pleit dat daar iets vir die ontwikkeling van die jeug gedoen word.

Dit is alombekend dat jong seuns 90% van die misdaad in die dorp pleeg.
Abbott glo dat indien daar iets vir die jeug ontwikkel word en toerisme meer bevorder word, sal daar dadelik ‘n oplewing in die ekonomie wees.
Ontwikkeling van infrastuktuur
Vergunning is gemaak vir die konstruksie van ‘n “container” besigheidspark wat in Smitsville opgerig gaan word. Hierdie projek beloop meer as R2-miljoen en indien dit suksesvol is, sal dit ook in Suurbraak en Railton uitgerol word.
Hoewel daar nog baie werk is wat gedoen moet word het Direkteur van Gemeenskapdienste Keith Stuurman bevestig dat versieke paaie in die dorp gebou en onderhou is en dat groot veranderinge by die dorp se stortingsterrein aangebring is.
Die stortings terrein is een van die dorp se grootste kopsere aangesien inwoners dikwels gehoor gee nie aan die feit dat dit slegs vir bou- en tuinrommel gebruik mag word nie.
Volgens Swellendam Munisipaliteit se Direkteur van Ingenieurswese, Frik Erasmus, is planne en befondsing vir die opgradering van die rioolstelsel reeds goedgekeur en sal konstruksie eersdaags begin.

Erasmus het verduidelik dat die munisipaiteit eenmalig vir die projek wou begroot en dit nie oor twee finansiële siklusse deel nie.
Wat egter reeds groot kommer onder inwoners gelok het is die waterdraagte stelsel wat ook in tyd gimplimenteer gaan word.
‘n Hoof riool toevoerstelsel is vir die R62 bestem sodat besighede oor die langtermyn koste op die uitpomp van hul septiese tenks kan bespaar. Die hoop is dan dat huishoudings laterby hierdie stelsel kan aansluit.
Rioolaanleg naby Barrydale Kelder in die pyplyn?
Dit gaan beslis gebeur, maar volgens Erasmus sal die aanleg van so aard wees dat dit nie ‘n seer oog by die dorp se ingang gaan wees nie.
Die funksie van die aanleg gaan wees om riool wat van R62 af vloei oor te pomp na die hoof watersuiweringsaanleg wat aan die ander kant van die koppie geleë is.
Die projek beloop meer as R30-miljoen en daarmee saam moet daar ook na die opgradering van die elektrisiteitstel gekyk word.
Erasmus het Eskom se loadshedding as die sondebok uitgewys vir die onbeplande kragonderbrekings wat die dorp onlangs ervaar het. Hy meen dat loadshedding groot druk op die stelsel plaas en dat hierdie situasie ongelukkig huite die raad se beheer is.
Die vergadering is afgesluit met die bekendmaking dat daar steeds tyd was vir mense om nominasies vir die wykskomitee in te dien.
Hierdie proses het gister, Maandag 21 Januarie, gesluit.




