Meneer Jean Swanepoel, Hoërskool Barrydale skoolhoof, het tydens ‘n onderhoud met News62 sy personeel en beheerliggaam geloof vir die uitstekende werk wat hulle verrig het.

In gesprek met Mnr Swanepoel
Wat beteken hierdie 100% slaagsyfer wat die 2023 matrieks behaal het vir die skool?
“Vir die skool is hierdie die beste resultaat. Ek as skoolhoof is baie trots op die matrieks van 2023. Ek kan ook met trots sê dat laas jaar was ń goeie jaar. Nie net vir leerders nie maar ook vir die skool.”
Wanneer laas het die skool se matrieks ‘n 100% slaagsyfer behaal?
“Hoërskool Barrydale het laas nog voor 1994 , 100% slagsyfer gehad. So die is werklik ń groot oomblik.”
Wat het die skool anders gedoen om hierdie uitstekende pylpaal te bereik?
“Wat ons as skool en personeel reggekry het om hierdie slaagsyfer te verdien was om leerders positief te hou – natuurlik met ondersteuning van opvoeders en die hulp van die beheerliggaam.”
Hoeveel onderskeidings het die groep behaal?
“Matrikulante van 2023 het ook altesaam 10 onderskeidings ingebring aan die skool.
“Ons beste vier leerders wat top presteer het was : Mé-Jean Swanepoel (3) , Rowena Pekeur (2) , Ashwin Walters (1) en Bianca Booysen (1).”
