Met ‘n klein bietjie hulp deur die sakegemeenskap van Swellendam het die VGK Kerk Suurbraak daarin geslaag om ‘n vootreflikke gemeenskapbraai aan te bied.

Wyk D, ‘n afdeling van die gemeente, het op 4 April saamgetrek en danksy skenkings van Pick ‘n Pay en Spar Swellendam is daar sowat R10 000 vir die kerk ingesamel.
“Ons is eerstens dankbaar aan God onse Vader vir die wyse waarop hierdie geleentheid afgeloop het,” verduidelik Herold Stemmet.

“Verder was hierdie geleenheid bekostigbaar gemaak deur die verskillende donasies wat ons ontvang het. Ons will vir die bestuur van Pick n Pay in Sellendam bedank, vir die bydrae van al die wors wat hulle geskenk het.
“Ons will ook vir die bestuur van Spar te Swellendam bedank vir die rooster broodjies.”


Stemmet het ook die toegewyde funksie kommitee te bedank vir hul bydrae en opoffering op die dag.




