Lifestyle News Schools

Mnr en Mej Swellies tydens glansfunksie bekroon

Deur Gabriel Francke

Ewan Du Toit en Carmi Olivier is tydens ‘n glansfunksie wat op 25 September plaasgevind het as Meneer en Mejuffrou Hoërskool Swellendam bekroon. Die geleentheid was gekenmerk deur warmte en uitmuntende passie deur die leerders en organiseerders.

Evo Main

Mnr & Mej Hoërskool Swellendam is uiteraard die beeld van die skool in die gemeenskap aangesien hul baie geliefdadigheid doen.

Hierdie kompetisie het bestaan uit twee kategorieë, informeel en formeel, waar die finaliste hulle voorstel en “walks” vir die beoordeelaars, Bev Missing, Scotty Bleasdale en Carmen Petersen gedoen het.

Baden Michaels en Esinako Qotyiwe is onderskeidelik as eerste prins en prinses bekroon.

Beoordeelaars van Mnr & Mej Hoërskool: Carmen Petersen, Scotty Bleasdale en Bev Missing

Die groep The Garage Sundays bestaande uit Zondagh Zaayman, Tanica van Zyl, De Villiers Louw, en Daniel Nel, het hierdie aand met heerlike en fantastiese liedjies wat hul self geskryf het, geopen.

Leah de Jager en Adna Awaale, die gasvroue van die geleentheid, het hulle toewyding tot die talent van die musiek groep toegeken.

“Julle was hulle nie fantasties nie! Al die liedjies wat hul vanaand op getree het is self geskryf deur The Garage Sundays. My gunsteling is ‘Ek soek na jou’,” het De Jager gesê.

Die atmosfeer was oproerend en beeldskoon met die vertonings van die leerders, naamlik Anouk Lourens, Lene Du Randt, Jani Theunissen, Ankia Spies, Nina Schoeman, Emily van Papendorp, Imke Hay, Carmi Olivier.

Verder het die Hoërskool Swellendam Sekondêr (SSS) Dans Groep die gehoor en beoordeelaars verras met ‘n uitmuntende opvoering.

Die huidige Mej & Mnr, Mila Venter en DW Wolfaardt, het die titel met trots en emosie oorhandig aan die beeldskone en nuwe Mnr & Mej Hoërskool.

“Jy hoef nie altyd ’n projek te hê om iets wat oud is of jy nie meer gebruik vir iemand te gee nie,” het Mila Venter gesê.

In ’n kort gesprek met Edgie Berndt, ’n Engelse onderwyseres by Hoërskool Swellendam en ook organiseerder van die kompetisie, het haar dankbaar aan News62 vir die uit kom na die geleentheid, gegee.

“Dankie dat julle vanaand gekom het en ek hoop julle het die geleentheid geniet,” het Edgie Berndt gesê.

Berndt het ‘n groot rol gespeel op die sukses aan hierdie event, asook die borge wat hul liefdadigheid getoon het om die Mnr en Mej Hoërskool te borg.

Leah De Jager en Adna Awaale, het dankbaarheid aan die borge vir die opmaak en klank vloei van die geleentheid, getoon.

“Dankie aan Arno Mocke, wat gesê het hy gaan seker maak dat die klank seepglad vloei, asook aan Christi van La Flor wat die saal en verhoor so mooi gemaak het,” het hulle gesê.

Hoërskool Swellendam kan inderdaad trots wees op die leerders se passie en talente, en die invloed wat Olivier en Du Toit gaan hê op die Swellendam gemeenskap.

Hoof foto deur: Ellenore Gerber – StudioElle- Photo and Video Productions

Barrydale Hand Weavers

Leave a Comment