Karoo Art Hotel
Environment Featured

Kyk uit vir Karoo Saloon se Candice by KKNK?

Candice Erasmus
Written by Mickey Mentz

Die roomryke stem en sprankelende persoonlikheid van Candice Erasmus verstom feitlik elke week musiekliefhebbers wat by die Karoo Saloon aanklop.

En dit is net ‘n kwessie van tyd voor diè diamant van die Klein Karoo deur ‘n platemaatskappy ontdek word.

Under Karoovian Skies

Aanvanklik is sy op haar pos agter die besige kroeg maar net wanneer rock ‘n roll geesdruftiges wat sy so getrou bedien dink hulle het alles gesien, bring Barrydale se gunsteling barlady iets nuuts na die tafel.

Candice sing uit ‘n plek van passie en liefde en dit was weer die geval toe sy onlangs in samewerking met Marisca Rain en Wilko Spangenberg vir vermaak vanuit die boonste rakke gesorg het.

Marica is ‘n uitstekende musiekant en musiek onderwyser in haar eie reg en het kort na haar akoestiese vertoning agter die dromme ingeklim om saam met Wilko Candice te begelei.

Dit was (alweer) ‘n asemrowende vertoning en nadese is Candice gevra om tydens die opkomende Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) by La Dolce Vita (LDV) in Oudtshoorn op te tree.

\Volgens LDV eienaar Christof Bezuidenhout, wie al op verskeie geleenthede die Karoo Saloon besoek het maar vir die eerste keer Candice se stem gehoor het, sal dit vir hom ‘n voorreg wees om dit wat hy in Barrydale beleef het, in sy restaurant op die planke te sit.

“Ons sal datums en tye moet bevestig, maar Candice moet net eenvoudig in Oudtshoorn optree, daarvan is ek seker,” het Christof verduidelik.

“Sy is in ‘n klas van haar eie en ons moet sorg dat sy en Marisca soveel bloodstelling moontlik kry.”


Marisca was net so in haar noppies dat sy ook die geleentheid gegun was om by die beroemde Karoo Saloon op te tree.

Nes Candice het beskik sy ook oor ‘n uitstekende stem, maar sy is ook ‘n puik musiekant wat verskeie instrumente bemeester het.

Miskien behoort hierdie dames dit te oorweeg om hul eie band te begin?

Intussen sal Candice tydens die Under Karoovian Skies fees wat van 4 tot 6 Maart plaasvind op haar pos (agter die kroeg en op die verhoog) te wees.

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella en Obi.

Leave a Comment