Lifestyle Music

Jake Gunn het Afrikaans in sy visier

Written by Mickey Mentz

Toe Jake Gunn laas sy bakkies by die Karoo Saloon gewys het, het die Bokke pas die World Cup gewen.

Hy en sy bra Devin Smit, saam met die Akkedisse, het vir die oorwinningsmusiek tydens Marius Slabber (Saloon Chief) se verjaardag gesorg. Dit was beslis een vir die boeke, maar wie sou toe kon raai dat sy volgende Karoo-kuier net so baie (indien nie meer nie) gat sou skop?

Terloops, dit is hierdie naweek weer tyd om een van plaaslike musiek se grootste ondersteuners se onvermydelike veroudering te vier en daar sal ‘n stuk of drie bands tydens Old Soldiers Never Die optree. Vir starters beloof die Saloon Locos om hulle virginity as houseband met mening te verloor. Ek het hulle al tydens ‘n repetisie gekokkenotch en, glo my: die manne mag maar!

Die Locos open vir die nimlike Tuin wat ons met haar epic stem en ewe meesleurende woorde gaan bekoor. Daarna is dit Stellenbosch se oorspronklike weggooikind se beurt om te sorg dat Marius se 45ste  ‘n legendariese affêre word. Jip, Jeandré Swanepoel bring sy hele bende saam en hulle sal oudergewoonte sorg vir ‘n tipe rock wat jou so reg in die rosyntjies (of pruimedante, vir die grootmenere) skop.

*Daar is genoeg kampplek op die Karoo Saloon se terrein. Maar bel vir Wilko nou (072 250 9055) om jou plek te verseker. Die jol gaan pomp en daar is weens tannie Rona se drama beperkte plek beskikbaar.

Maar nou eers terug na die onderhoud. Sorry, Bra…

Dit is die Sondagaoggend na ‘n wilde eerste samekoms sedert Cyril sy bes gedoen het om armgat musikante se lewens nog moeiliker te maak. ‘n Savannah Loco word nader getrek om die babelaas te probeer tem. Dit was eg. Dit was rou. Dit was mooi.

“Ek drink nie alleen nie, Bra. Kry vir jou ook een, dan doen ons hierdie interview ding,” beveel Jake Gunn. En wie is ek nou om te stry?

Die Karooson het hom reeds gepiets, tog is daar ‘n tevredenheid in sy siel wat hy maande laas ervaar het.

Vraag 1: “So hoe was dit om weer voor ‘n live audience op te tree?”

Antwoord 1: “Befok!”

Jake het skaars met sy verduideliking begin, toe maak die beste drummer in die Wes-Kaap die antwoord vir hom klaar. “Dit voel asof ons nog nooit gegig het nie,” haak Jean Tunes af.

“Gisteraand was vir my ‘n magical ene in die sin dat dit ‘n refreshment was. Ek het dit waardeer om op stage te wees. Jy weet, jy raak numb tot goeters,” vertel Jean, ook met ‘n babbelaas-verligtertjie in sy hand.

Jake vat die mikrofoon terug en las by:

“Mens besef weer dat ‘n gig nie ‘n reg is nie. Dit is ‘n voorreg.”

Jake Gunn

Nou is die man wat die baskitaar slaan ook bereid om ‘n geselsie aan te knoop.

“Dit het vir my gevoel soos die eerste dag van 2020,” kom dit van Mark Ellis, supremo bass guitarist, wat my tydens die show ook verbaas het deur sy stem in ‘n lied of drie te laat hoor. Aweh, Mark.

Tunes, Ellis en Gunn.

Die Jake Gunn Band vertel hoe die harde inperking hulle laat besef het hoe belangrik dit is om saam met ander musikante musiek te kan maak. Jean gesels oor die vibrasies tussen mense, terwyl Jake die afsondering as sielkundig tergend beskryf.

Soos almal was hulle verlig toe dinge makliker begin raak en hulle praat ook van ‘n paar onverwagte silwer randjies aan die enorme donker wolk.

“Ons is daar deur, ons het ‘n paar nuwe songs daaruit gekry en ek het my eerste Afrikaanse song geskryf: Vloeksteen Smokkerlaar,” vertel Jake.

Hy verduidelik dat hulle toekomsplanne die skryf van nog meer Afrikaanse musiek insluit,  aangesien dit reeds vir hom nuwe deure begin oopmaak. Hy sien dit ook as ‘n ontdekkingsreis. Na etlike jare op die pad saam met die legendariese Piet Botha, is daar min dinge wat hom so opgewonde maak soos ‘n om die langpad te vat.

Jean, wat reeds sy graad in Menswees aan die Universiteit van Die Wasgoedlyn voltooi het, meen moedertaalonderrig in musiek is van kardinale belang vir ‘n volk se vooruitgang – of iets in daardie lyn.

“Dit is tyd om meer in Afrikaans te begin skryf, want dit is waar ons is. Dit is nie wie ons is nie, dit is waar ons is en so moet jy jouself aanwend,” verduidelik Jean.

“Die tyd is lankal verby waar ons gedink het ons gaan die Amerikaanse Mark penetreer.”

Drummer, studio eienaar, Afrikaner – Jean Tunes

“Daar is ‘n groot taak om die stigma rondom Afrikaanse musiek af te skud. Riku (Lätti) het daaroor gepraat in die Vrye Weekblad, en dit is ‘n groot taak vir ons mense, ons portuurgroep, om te sê ons is nie so, nie ons klink nie so nie, en ons stem nie saam met die populis nie,” sluit Jean af.

Jake vereenvoudig dit vir die van ons in die spesiale klas:

“Ons moet rock ‘n roll in Afrikaans doen, tot die beste van ons vermoë.  Want ons weet dit kan cool wees om in Afrikaans te sing. Dit is net jammer so min mense kry dit reg.”

Die Jake Gunn Band in lewende lywe by die Karoo Saloon

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel soveel so dat ek dit deesdae ook verkoop. My honde se name Obi en Jasper.

Leave a Comment